sendeling [boodskap #127638] |
Ma, 02 September 2019 18:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sendeling
Afbreking: sen•de•ling
Selfstandige naamwoord: sendeling
Meervoud: sendelinge
Verkleinwoord: sendelingetjie (sendelinkie)
Meervoud van verkleining: sendelingetjies
Betekenis:
• Iemand wat sendingwerk doen; persoon wat uitgestuur word om mense tot die geloof te bekeer.
Gebruik:
• Die eerste sendeling in Suid-Afrika was die Duitser, Georg Schmidt, wat in 1737 deur die Morawiese Sendinggenootskap gestuur is om die evangelie aan die Khoikhoi te verkondig.
Afgelei:
• sendelingdokter
• sendelingekonferensie
• sendelinggesinne
• sendelinghelper
Verwant:
• predikant
• evangelis
• godsgesant
• evangeliedienaar
Vertaling:
Engels: missionary
Nederlands: zendeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|