vuil [boodskap #127623] |
So, 01 September 2019 05:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vuil
Afbreking: vuil
Byvoeglike naamwoord: vuil
Vergrotende trap: vuiler
Oortreffende trap: vuilste
Attributief: vuil
Intensief: moddervuil
Betekenis:
• Vol stof, sweet, vlekke, ens.; nie skoon of gewas nie; morsig.
• Oneerlik; gemeen; verneuk.
• Plat en onwelvoeglik; onsedelik; onrein.
Gebruik:
• Jy kom nie met jou vuil bas in die huis nie.
• Hy verontagsaam die reëls en speel vuil.
• Sies, dis 'n vuil grap.
Spreekwoord:
• Hy doen ander se vuil werk. [Vir ander onsmaaklike dinge doen.]
Vergelyking:
• So vuil soos 'n vark.
Sinoniem:
• morsig
• onnet
• onrein
• smerig
Antoniem:
• skoon
• net
• rein
• sindelik
Vertaling:
Engels: dirty, filthy; indecent, obscene; dishonorable
Nederlands: vuil
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|