Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Verskille in skole en universiteite
Verskille in skole en universiteite [boodskap #35822 is 'n antwoord op boodskap #35828] Sa, 21 Oktober 2000 00:00 na volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hier ook is dan my twee sente se opinie.

My waarnemings is dat a) Kanadese en Amerikaanse skole (en Gloudina, ek skaar
hulle so bietjie saam, maar besef hulle is anders) is nie so goed soos Suid-Afrikaanse
hoërskole is op suiwer akademiese vlak nie, maar dat die kinders baie meer gerond
is en vol selfvertroue klaar maak met skool. My kinders was nog altyd (behalwe vir
twee jaar in n private Katolieke skool, m .i. die beste) in gewone staatskole, en doen goed.
My dogter (nou in matriek) neem al haar vakke "advanced" vlakke, en sy skryf gereeld
ACT en SAT toetse om haar te vergelyk met die res van die studente in die land. Sy doen
uitstekend.

b) die Kanadese en Amerikaanse universiteite is die Suid-Afrikaanse universiteite vér vooruit.
Om verskeie redes, wat ek nie nou tyd het om te noem nie. Ek is nou betrokke met n hele
paar universiteite in Kanada omrede my werk, en ek ken die universiteitssisteem hier in die
V.S.A. Hulle word gereeld gegradeer, en almal weet watter die goeies en slegtes is.

Dus om n opsomming te maak, oor die algemeen is (of was, ek praat darem nou van so 'n
goeie tien/twintig jaar gelede) die S.A. skole beter op suiwer akademiese
vlak, maar die Amerikaanse universiteite is beter.
Dit klink nou vir my asof ek skuldig is aan sweeping statements, maar julle
kan my anders oortuig.

pop

skryf in boodskap news:39F1B1DD.8ACCD5E3@home.com...
Hilda en Gervaas wrote:

> Ons het daaruit geleer 1. dat die Kanadese sisteem ongeveer dieselfde is as
> die Amerikaanse, wat ons reeds geken het, want daar was 'n Amerikaanse skool
> in Kinshasa en 2. dat die Suidafrikaanse skoolprogramme naby aan die
> Belgiese lê.
>

Hierdie sal nogal 'n interessante bespreking wees, Hilda.
Maar kom ons begin by die begin. Daar is nie so 'n
ding soos 'n "Kanadese sisteem" nie. Elke provinsie het
sy eie kontrole oor skole. ( En in Ontario en Quebec
het hul dertien jaar skool in plaas van twaalf, soos in die
ander provinsies. Ontario is nou egter besig om oor te
slaan na 'n twaalf jaar program.) Buitendien is daar nie
so 'n ding soos eksterne eksamens nie. Elke skool
skryf sy eie eksamens. Buitendien is daar in die skole
ook nog verskillende strome. Die skool waarin my
kinders skoolgegaan het, het drie vlakke gehad. Die
wiskunde wat vereis is in die C stroom was dus
aansienlik makliker as wat in die B vlak (wat meeste
kinders geneem het) vereis was. En die A vlak was
baie moeilik, alleen aan te durf deur kinders wat baie
goed in Wiskunde was.
As jy wou weet hoe jy in Wiskunde vaar teen
die res van Kanada in Wiskunde en Fisika en Chemie
het jy gewoonlik die Universiteit van Waterloo se
spesiale eksamens geneem. In die VSA word dieselfde
sisteem rofweg gevolg. Om in universiteite daar in te
kom, neem jy diagnoserende eksamens van Princeton.
Die ander element in die diskussie: Ek weet nie of
hulle nou verander het nie, maar in die ou dae was
Wiskunde in die hoërskool nie verpligtend nie. Ek,
byvoorbeeld, was in 'n skool waar ek in Standerd Nege
en Tien moes kies tussen Wiskunde loop en Geskiedenis
loop. En omdat ek geweet het dat ek aan Universiteit
die twee skoolvakke Afrikaans en Geskiedenis wou gee,
het ek dus geen Wiskunde geloop nie. Dis ook nie van my
vereis in my Senior Onderwys Diploma wat ek aan die
Universiteit van Stellenbosch geloop het nie. Met ander
woorde, daar is 'n klomp mense met grade in die Onderwys
in SA wat absoluut geen wiskunde in hulle sisteme het
nie. (As dit nou verander het, sal ek geinteresseerd wees
om daarvan te hoor.) Maar, in die Noord-Amerikaanse
opset sal van so 'n onderwys-student wat byvoorbeeld
tale gaan gee, tog vereis word dat hy 'n eenvoudige
wiskunde kursus deurkom. Die vraag is dus: in SA
vandag, is wiskunde verplig vir alle studente en moet
hulle dus almal dieselfde vlak van wiskunde deurkom
om Matriek te skryf?
Ek het die saak aan my man gestel. Hy het kennis
van die ou Kaapprovinsie-matriek (het daarin skoolgegaan
en ook vir 'n rukkie daarin klasgegee.) Hy het as professor
van Wiskunde hier in Kanada dan ook wiskunde aan
studente gegee. Hy sê jy kan nie die saak vergelyk nie.
Hy sê die ou SA sisteem (en ook die Europese neiging)
is baie meer monolities en dogmaties, en die inhoud van
die Wiskunde sillabes is baie meer daarop gemik om
'n baie spesifieke hoeveelheid sillabus by die kinders
in te dril. Hy dink dat die Kanadese studente meer getrein
word in wiskundige denke, en nie net om 'n spesifieke
hoeveelheid sillabus deur te kom nie. Aan die universiteite
verskil die wiskunde-klasse ook volgens watter doel jy
met jou wiskunde beoog. 'n Engineer sal ander soort wiskunde
(makliker en meer toegepas) neem as die ou wat suiwer
wiskunde op nagraadse vlak wil gaan loop. Die ou wat
onderwys studeer, se wiskunde klasse aan universiteit sal
baie simpel wees (tensy hy 'n wiskunde-onderwyser wil
word, in which case hy eerste 'n graad in die wiskunde sal
moet kry, en dan 'n eenjaar onderwys-kursus loop.
Elaine, ek sou dus graag wil weet: (1) of Wiskunde verpligtend
is in SA nou- dit was nie in my dae nie. (2) Watter kursus het
jou exchange student uit die VSA aan die kollege geloop? As
daardie student 'n primere onderwys-kursus loop, dan kan
ek verstaan hoekom daardie student se wiskunde-kennis nie
uit die hoogste rakke is nie.
En Hilda, ek sou graag wou weet of Wiskunde (dieselfde vlak)
in al julle skole in die Kongo verpligtend was. En of julle nie
ook verskillende hoeveelhede wiskunde aan verskillende groepe
studente wat verskillende loopbane sou volg, aangebied het nie.

Gloudina
Re: Verskille in skole en universiteite [boodskap #35828 is 'n antwoord op boodskap #35822] Sa, 21 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

poppie wrote:

> b) die Kanadese en Amerikaanse universiteite is die Suid-Afrikaanse
> universiteite vêr vooruit.
> Om verskeie redes, wat ek nie nou tyd het om te noem nie. Ek is nou
> betrokke met n hele
> paar universiteite in Kanada omrede my werk, en ek ken die
> universiteitssisteem hier in die
> V.S.A. Hulle word gereeld gegradeer, en almal weet watter die goeies en
> slegtes is.
>

Ek weer het geleer om bietjie versigtig te wees oor
die kwaliteit van grade wat mens hier in Noord-
Amerika teenkom. Omdat daar so 'n diverse keuse
van vakke is waartussen jy kan kies en keur, kry
jy byvoorbeeld mense met grade wat hulle vir baie
min in die real world voorberei. Hulle word "bird
courses" hier in Kanada genoem. Ek is veral
suspisieus as iemand vir my vertel dat hy 'n graad
in Sielkunde het. Want jy kan 'n klomp sielkunde
kursusse aanmekaar flans, en dit laat jou nie toe
om enigiets prakties daarmee te doen nie.
Om 'n graad in SA in die ou dae te gekry
het, moes jy twee hoofvakke neem. Dit het gemaak
vir 'n baie breë agtergrond. In my eerste skool in
SA (Anglikaanse privaatskool) waar ek skoolgehou
het, het ek 'n vriendin uit Engeland wat 'n BA Honours
in Geskiedenis gehad het, absoluut verbaas met my
kennis van haar vak (Geskiedenis), terwyl ek eintlik
die Afrikaanse onderwyseres was en besig was met
nagraadse studie in Afrikaans. Haar universiteits-
agtergrond was baie nouer gemik op haar honneurs-
studies in die Geskiedenis.
Ek weet ook nie of dit nou nog die geval is nie,
maar SA universiteits-studente was bekend in die
buiteland vir hulle deeglike kennis van vakke. 'n Ou
wat in my dorpie in die Noordkaap gebly het,
wou predikant word maar was so goed in Grieks dat
hy toe maar daarmee aangegaan het. Na hy sy MA
in Grieks aan Stellenbosch gedoen het, kry hy 'n
beurs na Cambridge in Engeland, en mik om die Tripos
in Grieks daar te doen. Na 'n uur met sy professor daar,
vertel die Cambridge professor vir hom: jy ken al klaar
alles in die Tripos. Begin onmiddellik met jou Ph.D.

Gloudina
Re: Verskille in skole en universiteite [boodskap #35871 is 'n antwoord op boodskap #35828] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:

> Om 'n graad in SA in die ou dae te gekry
> het, moes jy twee hoofvakke neem. Dit het gemaak
> vir 'n baie breë agtergrond.

DIt hang af van wat se graad jy geswot het - B.Sc. - Twee hoofvakke,
B.Com - drie of vier. B.A.Manvang ok drie.
Re: Verskille in skole en universiteite [boodskap #35877 is 'n antwoord op boodskap #35828] Ma, 23 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lous wrote:

> @home.com wrote:
>
>> Om 'n graad in SA in die ou dae te gekry
>> het, moes jy twee hoofvakke neem. Dit het gemaak
>> vir 'n baie breë agtergrond.
>
> DIt hang af van wat se graad jy geswot het - B.Sc. - Twee hoofvakke,
> B.Com - drie of vier. B.A.Manvang ok drie.

Ek kan natuurlik net praat van wat ek op Stellenboschondervind het. Maar
daar het almal net twee hoofvakke
geloop. 'n Hoofvak het beteken een wat jy vir drie jaar
agtermekaar geneem het. Op Stellenbosch het jy nooit
offisieel finale eksamens geskryf in die vakke waarmee
jy sou aangaan nie. Dit het dus beteken dat jy in jou
hoofvakke getoets is op al die werk wat jy in drie jaar
gedoen het. Dit het in Geskiedenis beteken dat jy alles
wat jy oor drie jaar geneem het moes ken. Dit het
hare op jou tande vereis. Die studente hier in Noord-
Amerika skryf mos finale eksamens elke semester
in die klein kursus wat hulle neem as deel van die groter
opset. Dit beteken dat hulle maar net 'n baie beperkte
hoeveelheid kennis in hulle kop hoef te hou. Ek wonder
of dieselfde stelsel nog in Stellenbosch gevolg word.
In my dae het die predikate-sisteem dit baie moeilik
gemaak vir enigiemand om droog te maak aan
universiteit. Die predikate-sisteem het alle punte
gedurende die jaar in ag geneem, en jy is aan die
einde 'n "predikaat" toegeken. Die mense wie se
predikate te laag was, het dan geweet dat hulle nie
toegelaat sou word om eksamen te skryf nie. Die
Spoorweë het 'n spesiale "predikate-trein" vir
Stellenbosch gehad, wat vertrek het die aand nadat
die predikate bekend gemaak is. Ek wonder of
hierdie stelsel nog bestaan.

Gloudina
Vorige onderwerp: Lyfstraf
Volgende onderwerp: Eksamen- inligting!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 15 17:58:34 MGT 2024