Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Sprokie vir 'n Stadskind
Sprokie vir 'n Stadskind [boodskap #22638 is 'n antwoord op boodskap #22639] Ma, 26 April 1999 00:00
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Sprokie vir 'n Stadskind - Koos du Plessis.

As die reën van stof en roet verby is
en die rook verdwyn,
sal daar in die sterrelose hemel
'n neonboog verskyn.

En kyk maar goed, want as jy hom vind,
vertel ek vir jou 'n sprokie, my kind,
van 'n skatkis, met ou kettings gebind,
aan die neonboog se punt.

Volg hom elke nag oor swart riviere,
oor kranse van beton;
as jy aanhou stap, tienduisend ure,
sal jy dalk daar kom.

Maar hier moet jy jou nimmer laat bind,
want, so lui die ou-ou sprokie, my kind:
As jy geluk en vreugde wil vind,
soek die neonboog se punt.

Volg hom elke nag oor swart riviere;
kyk nie éénmaal om.
Dalk vind jy die land van blou saffiere...
en dalk 'n brokkie son.

(Nou wag ek vir 'n ontleding van wat dit alles beteken, Gloudina! Ek stel
veral daarin belang om te weet waar die land van blou saffiere is...)

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Sprokie vir 'n Stadskind [boodskap #22639 is 'n antwoord op boodskap #22638] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> Sprokie vir 'n Stadskind - Koos du Plessis.
>
> As die reën van stof en roet verby is
> en die rook verdwyn,
> sal daar in die sterrelose hemel
> 'n neonboog verskyn.
>
> En kyk maar goed, want as jy hom vind,
> vertel ek vir jou 'n sprokie, my kind,
> van 'n skatkis, met ou kettings gebind,
> aan die neonboog se punt.
>
> Volg hom elke nag oor swart riviere,
> oor kranse van beton;
> as jy aanhou stap, tienduisend ure,
> sal jy dalk daar kom.
>
> Maar hier moet jy jou nimmer laat bind,
> want, so lui die ou-ou sprokie, my kind:
> As jy geluk en vreugde wil vind,
> soek die neonboog se punt.
>
> Volg hom elke nag oor swart riviere;
> kyk nie éénmaal om.
> Dalk vind jy die land van blou saffiere...
> en dalk 'n brokkie son.
>
> (Nou wag ek vir 'n ontleding van wat dit alles beteken, Gloudina! Ek stel
> veral daarin belang om te weet waar die land van blou saffiere is...)
>
> Groete
>
> Henri

Dankie Henri. Ons het toe die hele tyd
dit hier by ons gehad. Ons het heelwaarskynlik
omtrent al Koos du Plessis se liedere. My
man noem hom Mr. Treurig, en sing meeste
van die tyd saam.
Vorige onderwerp: Stille nag se woorde in Duits?
Volgende onderwerp: Kinders van die wind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 07:37:54 MGT 2024