objektief [boodskap #127603] |
Vr, 30 Augustus 2019 06:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
objektief
Afbreking: ob•jek•tief
Byvoeglike naamwoord: objektief
Vergrotende trap: objektiewer
Oortreffende trap: objektiefste
Attributief: objektiewe
Partitief: objektiefs
Betekenis:
• Beïnvloed deur feite en nie deur persoonlike menings, belange of idees nie. Neutraal, onpartydig en onbevooroordeeld. Waarneembaar en bevestigbaar.
Gebruik:
• Die kommissie se verslag oor die gebeure blyk objektief te wees.
Antoniem:
• subjektief
Verwant:
• objektiwiteit
Afkorting:
• obj.
Vertaling:
Engels: objective
Nederlands: objectief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|