veelweter [boodskap #127579] |
Ma, 26 Augustus 2019 20:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veelweter
Afbreking: veel•we•ter
Samestelling: veel (s.nw.) + weter (s.nw.)
Selfstandige naamwoord: veelweter
Meervoud: veelweters
Verkleinwoord: veelwetertjie
Meervoud van verkleining: veelwetertjies
Betekenis:
• Iemand wat baie van verskillende dinge weet; wyd belese persoon met alomvattende onderwysing of uitgebreide kennis; 'n lopende ensiklopedie.
Gebruik:
• Leonardo da Vinci was 'n Italiaanse wetenskaplike en 'n veelweter
Sinoniem:
• geleerde
• geletterde
• weetal
• erudiet
• polihistor
Antoniem:
• leek
Vertaling:
Engels: polymath, polyhistor, polyhistorian
Latyn: homo universalis
Nederlands: veelweter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|