opblaas [boodskap #127578] |
Ma, 26 Augustus 2019 20:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opblaas
Afbreking: op•blaas
Samestelling: op + blaas
Werkwoord: blaas op, opblaas
Verlede tyd: het opgeblaas
Betekenis:
• Laat ontplof.
• 'n Gas in 'n uitsetbare ruimte pomp.
• 'n Gebeurtenis op oordrewe manier beskryf.
Gebruik:
• Hulle wou die brug opblaas.
• Hy moes al die ballonne opblaas.
• Sy het die storie uit proporsie opgeblaas.
Sinoniem:
• detoneer
• oppomp
• oordryf
Antoniem:
• afblaas
Afgelei:
• opblaasbaar
• opblaasboot
• opblaasmatras
• opblaaspop
Vertaling:
Engels: to blow up, blast; to puff up, inflate; to exaggerate
Nederlands: opblazen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|