aktief [boodskap #127566] |
So, 25 Augustus 2019 19:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aktief
Afbreking: ak•tief
Uitspraak: /ɑkˈtif/
Byvoeglike naamwoord: aktief
Vergrotende trap: aktiewer
Oortreffende trap: aktiefste
Attributief: aktiewe
Intensief: hiperaktief
Betekenis:
• Wat met iets besig is.
• Wat nog steeds werk of steeds bestaan.
Gebruik:
• Hoe aktief is u op die forum?
• Die klub is nog aktief en neem gereeld aan ligas deel.
Sinoniem:
• bedrywig
• werksaam
• werkdadig
• energiek
• lewendig
• in diens
Antoniem:
• onaktief
• passief
Vertaling:
Engels: active, energetic
Nederlands: actief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|