seraf [boodskap #127562] |
So, 25 Augustus 2019 14:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seraf
Afbreking: ser•af
Selfstandige naamwoord: seraf
Meervoud: serafs, serafim
Betekenis:
• 'n Bepaalde slang wat 5 maal in die Bybel genoem word (Num 21:6, 21:8, Deut 8:15, Jes 14:29, 30:6).
• Wese met ses vlerke in die tempel wat God se heil besing (Jes 6:2, 6:6).
Gebruik:
• Die naam seraf herinner aan die Hebreeuse woorde vir sowel 'n slang as vir vuur.
• Dis waarskynlik ook meer korrek om aan 'n seraf as 'n vuurspuwende draak as 'n engel te dink.
Wisselvorm:
• serafyn
Vertaling:
Engels: seraph
Nederlands: seraf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|