Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Auckland
Auckland [boodskap #121016] Wo, 14 November 2018 05:41 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Auckland was 'n militêre dorp in die vallei van die Tyumierivier op die vroeëre oosgrens in die Kaapkolonie. Gestig in 1848 en vernoem na dorp in Engeland. Kersdag 1850 is dit oorval en verwoes deur swartes en is al die manskappe gedood. Dit is nooit herbou nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Auckland [boodskap #125611 is 'n antwoord op boodskap #121016] So, 05 Mei 2019 18:19 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Uitsig oor Auckland.
Uitsig oor Auckland.

Auckland is die grootste stad in Nieu-Seeland en hoofstad van die provinsie Auckland (Noord-Eiland). Die stad beskik oor ’n uitstekende en bedrywige hawe. Industrieë sluit in die vervaardiging van glas, skeepstimmerwerwe en suikerraffinaderye.

Die Stad van Seile, soos Auckland dikwels genoem word, is op 'n smal landengte tussen twee natuurlike seehawens geleë – een aan die oostekant aan die Stille Oseaan, die ander aan die Tasmansee in die weste. Dié grond is in 1840 deur goewerneur Hobson namens die Britse Kroon van die Māori gekoop vir 55 pond goud, asook 'n aantal komberse, hemde, musse, byle, ysterpotte, tabak, pype, 'n pakkie suiker, 'n sak meel en ander goedere. 'n Verdere ses pond goud is in die volgende jaar betaal. Die Māori het in ruil hiervoor 1200 hektaar grond afgestaan wat van Freemans Bay tot Parnell en landinwaarts tot Mount Eden gestrek het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aubert, Louis
Volgende onderwerp: Auden, Wystan Hugh
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 10:32:27 MGT 2024