harpuis [boodskap #127525] |
Di, 20 Augustus 2019 19:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
harpuis
Afbreking: har•puis
Selfstandige naamwoord: harpuis
Meervoud: –
Betekenis:
• (skeepvaart) Versmelte mengsel van geel hars, lynolie en moontlik vet of swawel ter behandeling van die hout bokant die waterlyn.
Gebruik:
• Hout kan met harpuis teen verwering en wurms beskerm word.
Spreekwoord:
• Ek laat hom harpuis ruik. [Iemand oorwin.]
Wisselvorm:
• arpuis
Vertaling:
Engels: resin, rosin
Nederlands: harpuis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|