prehistories [boodskap #127464] |
Wo, 14 Augustus 2019 16:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
prehistories
Afbreking: pre•his•to•ries
Byvoeglike naamwoord: prehistories
Attributief: prehistoriese
Betekenis:
• (geskiedenis) Tydperk voor die bestaan van geskrewe dokumente; voordat geskiedenis opgeteken is.
Gebruik:
• Dinosourusse en grotmense is prehistories.
• Die grootste konsentrasie prehistoriese rotstekeninge in die wêreld word in Suider-Afrika aangetref.
Sinoniem:
• voorhistories
Antoniem:
• histories
• geskiedkundig
Vertaling:
Engels: prehistoric
Nederlands: prehistorisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|