Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bartholomeusnag (Paryse Bloedbruilof)
Bartholomeusnag [boodskap #127428] Sa, 10 Augustus 2019 20:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bartholomeusnag deur Édouard Debat-Ponsan.
Bartholomeusnag deur Édouard Debat-Ponsan.
Bartholomeusnag of die "Paryse Bloedbruilof" was 'n massa-slagting van Hugenote in Frankryk. Dit gebeur in die nag van 23 op 24 Augustus 1572, waarin op aanstigting van Catharina de Medici, die koningin-moeder, duisende Hugenote vermoor is. Weens admiraal Coligny se poging om Karel IX van Frankryk tot ’n oorlog teen Spanje uit te lok, het Catharina geprobeer om Coligny te laat vermoor, maar dit het misluk, en sy het toe besluit met die steun van die Katolieke magte, om al die Hugenote-leiers om die lewe te bring. Die Hugenote het in Parys saamgekom vir die huwelik van hul leier, koning Hendrik van Navarra, met Margareta, suster van die Koning van Frankryk.

Die slagting het deur die hele Frankryk gesprei, en daar word bereken dat altesame 20,000 Hugenote doodgemaak is.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bartholomeus
Volgende onderwerp: Bartók, Béla
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:10:30 MGT 2024