Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barometer
Barometer [boodskap #127420] Sa, 10 Augustus 2019 15:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ou barrometers.
Ou barrometers.
'n Barometer is 'n instrument om die lugdruk te meet. Die baanbreker op dié gebied was Torricelli in die 17de eeu. In sy eenvoudigste vorm is die barometer ’n glasbuis van meer as 30 dm. lank, aan die een ent gesluit. Daar is ’n lugleë ruimte bo in die buis en die oop kant staan in ’n bak kwiksilwer. Aangesien daar geen druk bo die kwik in die buis is nie, hang die hoogte daarvan in die buis geheel en al af van die lugdruk op die kwik in die bak; enige toename in die lugdruk veroorsaak dat die kwik in die buis styg en enige afname in die druk laat die kwik dienooreenkomstig sak. Die normale lugdruk op die seevlak is voldoende om ’n buis vol kwik ca. 30 dm. of 760 mm. hoog te stoot, of ’n buis water ca. 34 vt. hoog.

Aangesien die lugdruk afneem met die toename in hoogte, kan ’n doosbarometer (aneroïde-barometer) gebruik word as hoogtemeter; ’n spesiale soort is in vliegtuie gebruik, hoewel dit nou vervang is deur metodes wat afhanklik is van die terugkaatsing van kort radiogolwe van die grond af.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barok
Volgende onderwerp: Barrakuda
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 10:52:26 MGT 2024