Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baroja, Pio
Baroja, Pio [boodskap #127417] Sa, 10 Augustus 2019 10:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pío Baroja
Pío Baroja
Pio Baroja (1872-1956) was 'n Spaanse romanskrywer wat baie van sy ervarings as dorpsdokter in sy romans beskryf, bv. Camino de Perfección (Weg van die Volmaking, 1902). Later skryf hy oor die lewe van die volksklasse in sy trilogie La Lucha por la Vida (Die Stryd om die Bestaan, 1904). Sy filosofiese denkbeelde verwerk hy in sy roman El árbol de la Ciencia (Die Boom van die Wetenskap, 1911) en in essayvorm in Las Horas solitarias (Eensame Ure, 1918). Hy skryf ook ’n historiese roman Memorias de un Hombre de Acción (Herinneringe van ’n Man van die Daad). Baroja word beskou as die belangrikste verteenwoordiger van die sogenaamde beweging van 1898 (die manne wat na die nederlaag in die oorlog teen die Verenigde State vir Spanje se herlewing wou werk).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baroe
Volgende onderwerp: Barok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 12:14:46 MGT 2024