Betekenis:
• (anatomie) 'n Verlenging van die ruggraat by sommige diere wat agter die lyf uitsteek.
• Agterste aanhangsel of uitsteeksel van iets wat daaraan herinner.
Gebruik:
• Die hond jaag sy eie stert.
• Ons sit in die vliegtuig se stert.
Spreekwoord:
• Moenie jou stert wip nie. [Moenie kwaad word nie.]
• Hy is oor die hond se stert. [Oor die ergste moeilikheid wees]
• Jou stert teen iemand optel. [Stuurs teen hom wees, parmantig.]
• As dassie stert kry. [Nooit.]
• 'n Dassie aan sy stert optel. [Die onmoontlike probeer doen.]
• Bek lek en stert swaai. [Kruiperige, vleiende houding.]
• Die perd se stert afpraat. [Geweldig baie babbel.]
• Dit weet die aap se stert. [Almal weet dit.]
• Ek kan nie kop of stert uitmaak nie. [Kan dit glad nie verstaan nie.]
• Hy probeer 'n aal aan sy stert vang. [Hy probeer die onmoontlike doen.]
• Hy vlug met die stert tussen die bene. [Beskaamd wegvlug.]
• Jakkals prys sy eie stert. [Iemand prys homself.]
• Kyk, aap het ook 'n stert gekry! [Gesê as iemand hom iets verbeel.]
• Met 'n blik aan sy stert huis toe kom. [Verleë terugkeer.]
• Jakkals vee sy spore met sy stert dood. ['n Skelm vernietig gewoonlik die spore van sy misdaad.]
• Jy dink jy het 'n engel aan die vlerk en jy het 'n duiwel aan die stert. ['n Mens moet glad nie na die uiterlike oordeel nie.]
• As bobbejaan sy stert verbrand, byt hy sy baas. [As iemand 'n fout begaan of homself skade aandoen, blameer hy dikwels iemand anders daarvoor.]
• Praat van die duiwel, dan trap jy op sy stert. [Gesê van 'n persoon wat bespreek word en dan juis inkom.]