Betekenis:
• Pan van see- of brakwater waaruit die sout deur verdamping geoes word.
• Uitgedroogde bedding van 'n meer of seearm wat met sout bedek is.
Gebruik:
• As die soutpan droog is, word die sout met 'n stootskraper opgehoop voordat dit weggery word.
Sinoniem:
• soutmyn
• soutwerk
Vertaling:
Engels: salt pan, salt evaporation pond
Nederlands: zoutpan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.