Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stadig
stadig [boodskap #127383] Wo, 07 Augustus 2019 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20614
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stadig
Afbreking: sta•dig


Byvoeglike naamwoord: stadig
Vergrotende trap: stadiger
Oortreffende trap: stadigste
Attributief: stadige
Partitief: stadigs
Intensief: doodstadig

Betekenis:
• Met min spoed; sonder snelle ontwikkeling.

Gebruik:
• Die stadige skilpad wen die vinnige haas.

Spreekwoord:
Stadig oor die klippe. [Versigtig; moenie oordryf nie.]
Stadig maar seker. [Stadig werk, maar dit goed doen.]

Vergelyking:
• So stadig soos 'n skilpad.
• So stadig soos 'n trapsuutjies.
• So stadig soos harmansdrup.

Sinoniem:
• langsaam
• traag
• tydsaam
• uitgerek

Antoniem:
• vinnig
• haastig

Vertaling:
Engels: slow, lingering
Nederlands: langzaam


Bywoord: stadig

Betekenis:
• Met geringe snelheid.

Gebruik:
• Die skilpad loop stadig oor die pad.

Vertaling:
Engels: slowly
Nederlands: langzaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kierieklapper
Volgende onderwerp: somtyds
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 05 05:47:04 MGT 2024