aandui [boodskap #127351] |
So, 04 Augustus 2019 07:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aandui
Afbreking: aan•dui
Samestelling: aan + dui
Werkwoord: dui aan, aandui
Verlede tyd: het aangedui
Betekenis:
• Om ná iets of óp iets te wys; aantoon; aanwys; duidelik maak.
Gebruik:
• Kan jy asseblief die kortste roete aandui.
• 'n Padteken sal aandui waar die veldslag plaasgevind het.
Afgelei:
• aanduiding
Vertaling:
Engels: to indicate, show, point out
Nederlands: aanduiden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|