Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorstel
voorstel [boodskap #127343] Sa, 03 Augustus 2019 08:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorstel
Afbreking: voor•stel


Werkwoord: stel voor, voorstel
Verlede tyd: het voorgestel

Betekenis:
• 'n Idee of plan vir nadenke voorlê; aan die hand doen; mosie indien.
• Name met eerste kennismaking uitruil; bekendstel.
• Beeld iets uit; 'n voorstelling van iets.
• Indink en verbeel; 'n denkbeeld van iets vorm.

Gebruik:
• Die kinders moet idees vir die klasprojek voorstel.
• Hy het my aan sy vriende voorgestel.
• Die skildery stel die laaste maaltyd van Jesus saam met sy dissipels voor.
• Kan jy jou dit voorstel?

Spreekwoord:
• Ek sal my skoenmaker aan jou kleremaker voorstel. [Ek sal jou skop.]

Vertaling:
Engels: to suggest, propose; to introduce; to represent; to imagine
Nederlands: voorstellen


Selfstandige naamwoord: voorstel
Meervoud: voorstelle
Verkleinwoord: voorstelletjie
Meervoud van verkleining: voorstelletjies

Betekenis:
• 'n Idee of plan vir reaksie voorlê; wenk; suggestie.
• Die voorste deel van 'n rytuig se onderstel.

Gebruik:
• Sy voorstel is op die vergadering aanvaar. Dit is die beste voorstel nog!
• Die motor se voorstel is tydens die botsing beskadig.

Vertaling:
Engels: suggestion, proposal
Nederlands: voorstel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: twyfel
Volgende onderwerp: korrek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 13:45:56 MGT 2024