verkeerde [boodskap #127332] |
Vr, 02 Augustus 2019 18:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkeerde
Afbreking: ver•keer•de
Byvoeglike naamwoord: verkeerd
Attributief: verkeerde
Betekenis:
• Attributiewe vorm van verkeerd. Nie reg nie; op onjuiste wyse; foutief.
Gebruik:
• Jy het die verkeerd antwoord verskaf.
Spreekwoord:
• Die verkeerde perd opsaal. [Die verkeerde ding doen.]
• Met die verkeerde voet uit die bed klim. [Nors en nukkerig wees.]
• By die verkeerde deur aanklop. [Die verkeerde persoon om hulp vra.]
• Die wind waai uit die verkeerde hoek. [Die stemming is nie gunstig nie.]
Sinoniem:
• foutiewe
Antoniem:
• regte
Vertaling:
Engels: wrong; unreasonable, impossible, distorted
Nederlands: verkeerde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|