nogeens [boodskap #127330] |
Vr, 02 Augustus 2019 15:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nogeens
Afbreking: nog•eens
Bywoord: nogeens
Betekenis:
• Nog 'n keer; opnuut; nogmaals.
Gebruik:
• Nogeens het God ons bewaar en deur die donker nag gedra om 'n nuwe dag te kan beleef!
Vertaling:
Engels: again, anew, once more
Nederlands: nog eens, opnieuw, nogmaals
Nota:
• Nogeens kan ook as twee woorde (nog eens) geskryf word.
• Verbindings met "eens" word normaalweg vas geskryf ("ineens", "meteens", "opeens"), die uitsonderings is "nog eens" en "weer eens" wat los of vas geskryf kan word.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|