oorweging [boodskap #127306] |
Wo, 31 Julie 2019 09:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorweging
Afbreking: oor•we•ging
Selfstandige naamwoord: oorweging
Meervoud: oorwegings
Verkleinwoord: oorweginkie
Meervoud van verkleining: oorweginkies
Betekenis:
• Beoordeling van argumente; die wik en weeg van beweegredes; nadenke om tot 'n beslissing te kom.
Gebruik:
• Na rype oorweging het ons besluit om die huis te koop.
Vertaling:
Engels: consideration
Nederlands: overweging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|