Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stop
stop [boodskap #127267] So, 28 Julie 2019 18:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20615
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stopteken.
'n Stopteken.
stop
Afbreking: stop




Werkwoord: stop
Verlede tyd: het gestop
Teenwoordige deelwoord: stoppende

Betekenis:
• Tot stilstand bring; keer dat iets verder beweeg.
• Iets laat ophou gebeur; dit staak.
• 'n Opening vul (soos om 'n gat te herstel of 'n pyp te vul).

Gebruik:
• Hy stop by die robot.
• Die verpleegster stop die bloeding. Stop julle bakleiery.
• Sy stop die kous.

Vertaling:
Engels: to stop, prevent, mend
Nederlands: stoppen


Selfstandige naamwoord: stop
Meervoud: stoppe
Verkleinwoord: stoppie
Meervoud van verkleining: stoppies

Betekenis:
• Halte; kort onderbreking.
• Voorwerp wat beweging/ vloei staak.
• Pypvulsel van tabak.

Gebruik:
• By die volgende stop moet ek eers badkamer toe gaan.
• Waar is die deur se stop?

Vertaling:
Engels: stop, plug
Nederlands: stop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: iewers
Volgende onderwerp: verbaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 05 07:57:23 MGT 2024