totaal [boodskap #127263] |
So, 28 Julie 2019 10:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
totaal
Afbreking: to•taal
Selfstandige naamwoord: totaal
Meervoud: totale
Verkleinwoord: totaaltjie
Meervoud van verkleining: totaaltjies
Betekenis:
• Al die onderdele saam.
• Die resultaat wanneer mens al die dele bymekaar tel, aftrek, deel of vermenigvuldig.
Gebruik:
• Die totaal is meer as die som van die dele.
• Wat is die totaal as jy 10 by 20 tel?
Afgelei:
• eindtotaal
• groottotaal
• somtotaal
• subtotaal
Vertaling:
Engels: total, sum
Nederlands: totaal
Byvoeglike naamwoord: totaal
Attributief: totale
Betekenis:
• As 'n geheel; volkome; volledig.
Gebruik:
• Die sektor se totale produksiewaarde het met 10% gestyg.
• Die Europese loop op 'n totale mislukking uit.
Vertaling:
Engels: total
Nederlands: totaal
Bywoord: totaal
Betekenis:
• As 'n geheel; volkome; volledig.
Gebruik:
• Sy is totaal oorrompel.
Vertaling:
Engels: totally, utterly, quite
Nederlands: totaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|