trots [boodskap #127247] |
Sa, 27 Julie 2019 07:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
trots
Afbreking: trots
Selfstandige naamwoord: trots
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Tevrede gevoel oor iets goeds wat iemand gedoen het en waaroor mens wil pronk.
• Dink dat mens beter as ander is.
Gebruik:
• My pa kon sy trots nie wegsteek toe ek die eerste span haal nie.
• Haar trots maak haar ongewild by die ander kinders.
Vertaling:
Engels: pride
Nederlands: trots
Byvoeglike naamwoord: trots
Vergrotende trap: trotser
Oortreffende trap: trotsste
Attributief: trotse
Betekenis:
• Bly en tevrede met wat mens gedoen of bereik het.
• Dink dat jy beter as ander is; vervuld van eie grootheid.
Gebruik:
• Hy is trots op die kaskar wat hy gebou het.
• Sy wat te trots om haar fout te erken. Moet nooit te trots wees om ander te help nie.
Vergelyking:
• So trots soos 'n pou.
Antoniem:
• nederig
Afgelei:
• trotsheid
Vertaling:
Engels: proud, haughty
Nederlands: trots
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|