Leksikograaf Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lankal
Afbreking: lank•al
Bywoord: lankal
Betekenis:
• Nie 'n kort tydjie nie; 'n ruk terug of lank gelede.
Gebruik:
• My huiswerk is al lankal klaar!
Spreekwoord:
• As lelik 'n siekte was, was iemand lankal dood. [Iemand is baie lelik.]
• As jy nie daardie mond gehad het nie, het die kraaie lankal jou oë uitgepik. [Jy praat baie.]
Vertaling:
Engels: long, long ago
Nederlands: allang, lang geleden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.