Leksikograaf Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
swymel
Afbreking: swy•mel
Werkwoord: swymel
Verlede tyd: het geswymel
Betekenis:
• Om duiselig te word; 'n floute kry.
• (figuurlik) In ekstase wees; dagdroom; mal wees oor; die knieë lam maak.
Gebruik:
• Sy swymel en val amper by die trappe af.
• Die manne swymel toe hulle haar verleidelike glimlag sien. Diereliefhebbers swymel oor die pragtige hondjies!
Afgelei:
• swymeling
Vertaling:
Engels: to swoon, be dizzy, feel drowsy
Nederlands: zwijmel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.