blanke [boodskap #127195] |
Di, 23 Julie 2019 07:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blanke
Afbreking: blan•ke
Byvoeglike naamwoord: blank
Vergrotende trap: blanker
Oortreffende trap: blankste
Attributief: blanke
Partitief: blankes
Intensief: lelieblank
Betekenis:
• Attributiewe vorm van blank; wit van kleur of met 'n wit huidkleur.
Gebruik:
• Ek het gestry teen blanke oorheersing en ek het gestry teen swart oorheersing. [Nelson Mandela]
Antoniem:
• nie-blanke
Vertaling:
Engels: white, fair, pure
Nederlands: blanke
Selfstandige naamwoord: blanke
Meervoud: blankes
Betekenis:
• Witmens, witman; kaukasiër.
Gebruik:
• Die blanke is skuldig bevind.
Vertaling:
Engels: white, Caucasian
Nederlands: blank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|