Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kak
kak [boodskap #127194] Di, 23 Julie 2019 07:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20615
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kak
Afbreking: kak




Selfstandige naamwoord: kak
Meervoud:

Betekenis:
• (vulgêr) Uitskeiding van die dermstelsel; ontlasting; stoelgang; poef; drol; drek.
• (figuurlik) Iets of iemand wat baie sleg is.

Gebruik:
• Daar lê kak in die pad. Moenie in die kak trap nie.
• Hy is 'n regte klein kak.

Spreekwoord:
• Dit sit soos kak aan 'n wol kombers. ['n Mens raak nie maklik daarvan ontslae nie.]

Afgelei:
• kakhuis
• kakkerig
• kakmaker
• kakstoker

Vertaling:
Engels: shit
Nederlands: kak


Werkwoord: kak
Verlede tyd: het gekak
Teenwoordige deelwoord: kakkende

Betekenis:
• (vulgêr) Om te ontlas; broek losmaak; skyt.
• Om te breek; kalf.

Gebruik:
• Hy kak in die veld.
• My horlosie het gekak.

Spreekwoord:
Kak of betaal is die wet van Transvaal. [Daar is geen keuse nie, jy moet betaal.]

Afgelei:
• bekak

Vertaling:
Engels: to shit; to break
Nederlands: kakken


Byvoeglike naamwoord: kak
Vergrotende trap: kakker
Oortreffende trap: kakste
Attributief: kak
Partitief: kaks

Betekenis:
• Wat baie sleg of goor is.

Gebruik:
• Dit is 'n kak bakkie, maar hy loop soos 'n droom!

Vertaling:
Engels: bad, shitty, crappy
Nederlands: sleg

Nota:
• Van Latyn, "cacō" (grond; om grond af te skei) en Middelnederlands, "cacken" (om te ontlas).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: red
Volgende onderwerp: blanke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 05 07:57:35 MGT 2024