Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5804] Staatsonderwys, Switserland, ens.
DS: [AFRIKAANS:5804] Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5486] So, 28 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: vrijdag 26 januari 1996 15:57
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5804] Staatsonderwys, Switserland, ens.

In soc.culture.south-africa.afrikaans, skryf fe...@is.co.za (Koos):

> Antwoord aan Renier de Vos (dink ek):

> Ek wil graag op een of twee goed reageer en dan kort antwoord
> onderaan.

> Het nog nooit padtekens in daardie tale gesien nie.

>> Jy bedoel jy't nog nooit 'n padpredikant gesien wat "Amazimtoti" = aandui
>> nie? Meeste padtekens is in ieder geval simbolies. Dit sal = buitendien
>> seker 'n rukkie neem voordat alle padtekens die nuwe taalbeleid
>> weerspieël.>>

> Het nog nooit bordjies met parkeer-inligting in Sotho gesien nie. Hoop
> nie ek sien dit nie want ek kan nie Sotho lees nie en sal dus nie
> weet of ek daar kan parkeer nie.

Miskien moet jy maar begin leer.

> Jy weet net so goed soos ek talle van die belangrike pad-inligting is
> nie net simbole en dorp-name nie.
> En dan is daar natuurlik 'n magdom ander openbare inligting waarvan jy
> behoort te weet as jy al ooit in enige opnebare soort gebou gestap
> het.

Hier in KwaZoeloe-Natal verskyn talle openbare kennisgewings in die drie
amptelike tale, en ek veronderstel dit is 'n algemene tendens - ek
verwelkom dit.

> > ten minste uitvoering aan die gedagte van meer amptelike tale.
>> Op die oomblik betaal hulle slegs lippediens daaraan.>>

> Dit sou moeilik gewees het aangesien die ANC vir die meerderheid uit
> mense bestaan wat nie Xhosa is nie.

Ja, maar by die voorval waarna jy verwys het, was ANC lede betrek, as ek
dit nie mis het nie.

Heel terloops, volgens my kennis was die eerste toespraak in die
parlement in Zoeloe deur 'n Afrikaner gemaak (mnr. Jurie Mentz van die
Inkatha Vryheidsparty, as ek dit nie mis het nie).

> Dan wonder ek hoe ouens soos jy sou aangegaan het op die groep as die
> land net een amptelike taal - Xhosa - gehad het.

"Ouens soos ek" soos waarskynlik presies dieselfde "aangegaan" het as
wat ons nou "aangaan" oor pogings om Engels in almal se kele af te druk.
Wat probeer jy nou eintlik sê? En terloops, as jy al lank genoeg die
nuusgroep/poslys lees, sal jy besef dat ek waarskynlik die mees
pro-Engelse vent van die hele spul is.

> > voorstelle hieronder van staatsbefondsing van die SAUK en skole.
>> Persoonlik is ek nie ten gunste van die huidige taalopset in
>> die parlement nie. As ek my sin gehad het, sou ek die parlement
>> afgeskaf het, of na Pofadder verskuif het. :-)>>

> Jy antwoord nie nie punt van hoe"r belasting nie.

Wat was die punt nou weer?

> Ek neem aan jou anti-regering-standpunt is 'n beginsel en jy was net
> so afwysend oor alle vorige regerings ook.

Die antwoord op albei hierdie vrae is "ja" en "ja". Die Ou Manne
op die poslys/nuusgroep sal jou vertel dat hulle al siek en sat is
vir my aanhoudende geneul oor hoe die vorige regering ons land
verniel het met hul gekke sosialistiese beleide.

> Anders is jy maar net 'n politieke bitterbek.

A, ek begryp. As mens nie met die huidige bestel saamstem nie, is jy
"maar net 'n politieke bitterbek". As dit simptomaties van die nuwe
politieke verdraagsaamheid is, staar ons 'n donker toekoms in die
gesig. Dis maar een stap verwyder van "vyand van die staat" of
"onpatrioties", die etikette wat die Nasionaliste om mense se nekke
gehang het as hulle durf uitvaar het teen die regering.

Eintlik stem ek met jou saam wat die "bitterbek" betref, alhoewel ek
"beeldstormer" eerder as "bitterbek" sou verkies het. Ek was dit nog
altyd. Sal dit altyd bly. Jammer.

Ek is ook befoeterd, hardkoppig, en beterweterig, maar dis nie my skuld
nie. Ek het dit van my Nederlandse voorouers geërf :-)

> voorbehoud: 'n
>> Landswye referendum is 'n goeie idee, maar 'n veel beter idee sou
>> referendums op streeksvlak wees

> Jy voorvereis dat die land opgesny word in 'n klomp kleiner entiteite
> voor jy jou sal neerle.

Nee, as jy weer lees wat ek gesê het (sug!), sal jy sien dat ek dit
duidelik stel dat ek my by die uitslag sal neerlê. Ek spreek egter 'n
voorkeur vir streeksreferendums, en sterk plaaslike regering uit. Mag
ek dit nie doen nie?

> Jy meng twee goed hier.
> Die land gaan nie opgesny word nie.
> Werk met wat jy het.
> Dan sal 'n referendum beteken die taal wat "wen" is die taal wat jy
> in die hof sal moet praat.

In die eerste plek, is ek nie seker met wat jy bedoel deur "die land
gaan nie opgesny word nie". Ek is nie 'n voorstander van sesessie nie,
alhoewel ek graag die reg daartoe, soos in die Switserse grondwet, in
ons grondwet sou wou sien. Natuurlik werk ek, soos talle ander, met
die bestaande bestel. Dit lyk egter asof jy enige kritiek op die
huidige bestel afkeur. Mag mens hom dan nie beywer vir 'n bestel wat
hy as beter beskou nie? Mag mens nie sy voorbehoude uitspreek nie?

Wat die taal in die hof beteken, is dit 'n internasionaal aanvaarde
regspraktyk dat, in die belang van geregtigheid, 'n persoon in 'n
hofgeding kan aandring dat hofverrigtinge plaasvind, of vertolk word, in
'n taal wat hy verstaan. Die taal hoef nie noodwendig 'n amptelike taal
van daardie land te wees nie. Dus as ek Russies is, kan ek nog steeds
in Suid-Afrika daarop aandring dat die hofverrigtinge in Russies vertolk
word.

> Dan: Ek sien jy is 'n apostel van die Leon Louw-groep.
> Ek het 'n hele dag in Switserland by 'n federale instituut
> deurgebring.

Jy bedoel seker "dissipel". Indien ek 'n dissipel van die Leon
Louw-groep is, is dit grootliks 'n indirekte dissipelskap. Ek stel
eerder in die denke van mense soos die Oostenryks-gebore ekonoom,
regsgeleerde en filosoof, Friedrich von Hayek, belang. Hy is in 1974
met die Nobelprys vir Ekonomie bekroon, ingeval jy nog nooit van hom
gehoor het nie.

Na 'n hele dag is jy 'n deskundige op Switserland! (Ek het 'n paar uur
op Genevé se lughawe deurgebring, so wê! :-)) Soos Leon Louw-hulle,
sal jy veel langer daar moet deurbring, en met regeringsministers en
ander deskundiges gesels, soos die Switserse ambassadeur in
Suid-Afrika, Jean Olivier Quinche. Jy sal, soos Leon Louw en Frances
Kendall, 'n aantal deeglik nagevorste boeke moet skryf.

Louw en Kendall beywer hulle al jare lank vir die individuele vryheid
van alle Suid-Afrikaners. In 1989 is hulle met die "Libertarian
International Golden Torch Award" in Stockholm bekroon, en Frances
Kendall ontvang in 1989 die "Benelux Libertarian Award". Hulle was in
1988 finaliste in die "Best Book"-afdeling van die Mencken-toekennings
van die Amerikaanse Free Press Association. Daarbenewens is hulle
albei twee keer (in 1989 en 1991) deur Noorweegse opposisiepartye vir
die Nobel Vredesprys benoem. Sodra jy hierdie vlak van internasionale
erkenning ontvang het, sal jou uitsprake miskien meer aandag verdien.
Andersins loop jy die gevaar om as 'n "politieke bitterbek" bestempel
te word :-)

> Switserland is nie Suid-Afrika nie. Die Switsers self se dit. Hulle
> self se hulle model sal nie net so op Suid-Afrika pas nie.
> Die mense daar het toevallig gedink ons oorgangsgrondwet is 'n
> uitstekende een vir ons land.

As jy weer lees wat ek geskryf het (SWAAR sug!) sal jy sien dat ek ook
gesê het ons kan baie by die Switsers leer. Dit beteken nie dat ons
hulle stelsel net so moet toepas nie. Ons moet eerder kennis neem van
grondwetlike stelsels, in Switserland en elders, en ook kyk na die
geskiedkundige ontwikkelings, en waarom dit vir Suid-Afrika belangrik
kan wees. Sommige Switsers sê ongetwyfeld dat hulle stelsel nie hier
toegepas kan word nie, maar daar is ook andere, soos hierbo vermeld,
wat belangrike ooreenstemmings sien. Nie dat die Switsers se opinies
eintlik tel nie - dis Suid-Afrikaners se opinies wat swaarder moet
weeg.

Geen land vind die grondwetlike wiel van die staanspoor af uit nie.
Die Switserse grondwet van 1848 (wat na 'n kort burgeroorlog opgestel
is) is grootliks op die lees van die Amerikaanse grondwet van 1787
geskoei, met sekere Switserse aanpassings, ten spyte daarvan dat daar
groot verskille tussen die lande was. Oor die jare het Amerika egter
aansienlike sentralisering van staatsgesag ondervind, veral sedert
Roosevelt se New Deal, ten spyte van grondwetlike klousules wat
veronderstel was om dit te verhoed. In Switserland was daar veel
minder sentralisasie van staatsgesag. Die rede hiervoor is te vinde in
die verskillende rolle wat die howe in die VSA en Switserland speel, en
dis miskien die moeite werd om dit hier kortliks onder die loep te neem.

Omdat die terme van die Amerikaanse grondwet redelik breed en vaag is,
kan die Kongres talle wette uitvaardig sonder dat die wette om
grondwetlike redes bevraagteken word. Wanneer 'n wet wel in die hof
bevraagteken word, word die uitsprake van die Hooggeregshof sterk
beïnvloed deur die regters se persoonlike waardes en houdings.

Die Hoogeregshof is egter nie beperk tot die verklaring van die
ongrondwetlikheid van 'n wet nie. In die proses van die vertolking van
die grondwet, skep die hof nuwe regte en verpligtinge, soos die reg tot
aborsie, of die verpligting om skoolkinders van verskillende rasse na
ander skole te vervoer om integrasie te bevorder. Gevolglik het die
stel wette wat die uitoefening van mag deur die staat raak, aangrypend
verander. Alhoewel die Amerikaanse volk in teorie soewerein is, is dit
dus in werklikheid die howe wat soewerein is.

In Switserland is die Switserse volk werklik soewerein, en in dié =
opsig
is hulle uniek in die ontwikkelde wêreld. Regerings op al drie vlakke
is niks meer as die agente van die volk nie, en die volk kan direk
intree, deur die referendum en die inisiatief, om hul goedkeuring of
afkeuring van belangrike parlementêre wette aan te dui. Alle
grondwetlike veranderings is onderworpe aan 'n referendum, en die volk
kan self deur 'n inisiatief veranderings aan die grondwet aanbring.

Die ironie van die saak is dat die Amerikaanse grondwet die federale
regering veel minder magte gegee het as wat die 1874 Switserse grondwet
aan hulle federale regering gegee het. Die Amerikaanse grondwet is ook
so ontwerp om moeilik wysigbaar te wees, terwyl die Switserse grondwet
uiters buigsaam is. Daar was byvoorbeeld 111 wysigings aan die
Switserse grondwet tussen 1874 en 1985, maar slegs 26 wysigings aan die
Amerikaanse grondwet in tweehonderd jaar. Nogtans is die Amerikaanse
federale regering vandag veel magtiger as die Switserse federale
regering. Die Switserse grondwet pas dus maklik aan by veranderende
omstandighede in die samelewing, terwyl die Amerikaanse grondwet nie
hierdie buigsaamheid toelaat nie, wat al verskeie probleme veroorsaak
het. Dit is alles die gevolg van die wyse waarop soewereine mag in die
twee lande toegepas word.

Wat het dit alles met Suid-Afrika te make? Ons kan hieruit leer watter
strukture tot bepaalde gevolge lei, en besluit of dit werklik is wat
ons in ons land wil sien gebeur.

Of ons oorgangsgrondwet so "uitstekend" is, kan natuurlik ook
bevraagteken word. Frances Kendall het al v=F3=F3r die 1994 verkiesing
gewaarsku dat die oorgangsgrondwet maar slegs 'n herrangskikking van
die tuislandstelsel is. Aangesien die nege provinsies geen werklike
belastingsmagte het nie, sal hulle hul begrotings oorskry, en dan
terughardloop na die sentrale regering vir nog geld, wat die geld
elders sal moet kry, soos deur die verhoging van belastings. Voorwaar,
haar voorspelling het waar geword. Die grootste sondebokke is die
Nasionale Party in die Wes-Kaap, wat getrou aan hul sosialistiese
tradisie van spandabelheid, die grootste uitgawes opgehoop het.
Die ander ouens het miskien nog net nie die slag aangeleer nie.

Jy sal miskien ook die volgende artikels wil raadpleeg:

"Can the Confederatio Helvetica be imitated?" Government and
Opposition. London: School of Economics. Vol 23, No. 1, Winter
1988.

Gillett, N. "The Swiss Constitution: Can it be exported?" Bristol:
Yes, 1989.

> (Switserland het toevallig ook 'n lekker laag sosialisme onder die
> oppervlak.)

Daar is beslis federale en kantonale regeringsprogramme vir welsyn,
onderwys, gesondheid, ens. Maar vergeleke met ander lande, is
belastings en staatsuitgawes as 'n persentasie van BNP, laag, en die
federale regering het baie beperkte magte. Die Switserse ekonomie is
so produktief as gevolg van hul vryemarkstelsel, dat die regering meer
geld het om op welsyn uit te gee as talle ander lande met hoër
belastings maar laer per kapita BNP. Verder mors die federale regering
nie belastings op dinge wat die privaatsektor beter kan doen nie, of op
die afbetaling van ontsaglike begrotingstekorte nie. Gevolglik word
ongeveer 48% van openbare uitgawes vir welsyn gebruik, en in 1980 was
Switserland in die derde hoogste posisie van 97 lande in terme van
welsynsuitgawes as 'n persentasie van totale staatsuitgawes. Veertig
persent van belastings word deur die kantons ingevorder, 30% deur die
kommunes (dorps- en plaaslike regerings), en 30% deur die federale
regering. Aangesien daar mededinging vir belastingbetalers tussen die
kantons plaasvind, leef die kanton en kommuneregerings binne hul
middele, terwyl die federale regering, soos sentrale regerings ooral
ter wêreld, se uitgawes sy inkomstes oorskry.

eeste Switserse welsynskemas is op verskeie assuransieprogramme
gegrond, wat op kantonale vlak deur private finansiële inrigtings
bestuur word. Voordat 'n verpligte pensioen of werkloosheidskema op die
been gebring word, moet dit eers in 'n nasionale of kantonale referendum
goedgekeur word, afhangende daarvan of dit 'n nasionale of kantonale
program is. In die periode voor die volkstemming, word die beoogde
skema en die belastings wat daarvoor benodig gaan word, gedebatteer,
sodat die Switsers presies weet hoeveel die voorgestelde skema hulle uit
die sak gaan jaag, en watter voordele dit vir hulle inhou. Switserse
welsynsprogramme lê groot klem daarop om mense te help om
selfonderhoudend te word. Geldlike hulp word nie deur burokratiese
voorskrifte neergelê nie, maar word aan die oordeel van die
welsynsbeampte oorgelaat. Soos die persoon selfonderhoudend word, word
die geldelike hulp verminder. Die kantonale welsynsbeampte kan ook
familie, vriende of vorige werkgewers nader om die persoon by te staan,
en daar word van kinders en kleinkinders verwag om hul ouers en
grootouers geldelik te ondersteun as hulle oor die vermoë beskik.

Om die bogenoemde stelsel as "sosialisme" te beskryf kom op 'n totale
verdraaiïng van betekenis neer.

Afgesien hiervan, is dit ook belangrik om te besef dat die Switsers ook
foute maak, juis wanneer die staat dinge doen waarvan hy liewer sy pote
moet afhou. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die federale spoorweë. Die
1874 grondwet het 'n klousule bevat wat die federale regering die reg
gegee het om wetgewing rakende die spoorweë uit te vaardig, en in 1898
is die spoorweë ten spyte van hewige teenkanting genasionaliseer. Dit
het tot die gewone probleme wat met nasionalisasie verband hou, gelei.
Die spoorweë het geleidelik minder ondernemingsgees aan die dag =
gelê,
en het onbuigsaam geword. Hulle was met rompslomp versmoor, het klante
as 'n oorlas begin beskou, en het gou geld begin verloor. Padvervoer,
wat volkome geprivatiseer en ongereguleer was, het ernstige mededinging
gebied, en gevolglik is daar 'n swaarvoertuig belasting ingestel -
nog'n voorbeeld van hoe staatsinmenging tot meer staatsinmenging lei.

Daar is geen vrye toegang tot die openbare vervoersektor in Switserland
nie. Busdienste word monopoliekonsessies deur die federale regering
toegeken, wat ook bustariewe vasstel.

In 1984 het die hoofekonoom vir die Federale Departement van Vervoer,
Kommunikasie en Energie 'n referaat gelewer waarin hy die probleme wat
deur regeringsinmenging in die vervoersektoer veroorsaak is,
aangespreek het. Hy het 'n nuwe federale beleid voorgestel, waarin 'n
vryemark benadering gebruik sou word. Die land het nog egter 'n lang
pad om te loop voor die openbare vervoerprobleme opgelos is.
Switserland se ervaring met openbare vervoer behoort 'n voorbeeld te
wees van wat om *nie* te doen nie.

> Om onderwys te privatiseer is 'n belaglike idee.
> Watter standaarde? Wie bepaal matriek? Stel elkeen sy eie martriek in?
> Waar kom die onderwysers vandaan? Wie gaan onderwys swot as hulle nie
> verseker is van 'n struktuur rondom hulle nie?

Jy verwar die neerlê van standaarde met die verskaffing van dienste.
Daar is geen rede waarom die regering nie standaarde mag neerlê nie,
maar dat ouers en kinders self kan besluit hoe om daardie standaarde te
handhaaf. Die privaatsektor kan onderwysdienste veel goedkoper en
doeltreffender verskaf as die staat. Private onderwysers is meer
besorg oor die kinders se behoeftes, soos deur die kinders en ouers
bepaal, en is nie so geneig om die heersende regime se waardes op
kinders te probeer afdwing nie.

As regerings onderwysdienste verskaf, moet dit ten minste in ope
mededinging met die privaatsektor geskied, sodat ouers 'n wye keuse
aangebied word. Ouers wat hul kinders na privaatskole stuur, moet
belastingkortings toegestaan word. Ek het reeds melding gemaak van die
koepon- of bewysstukstelsel, waarmee die kinders, pleks van die skole
gesubsidieer word. Elke kind ontvang presies dieselfde aantal bewyse,
waarmee die ouers die subsidie by die skool van hul keuse kan gebruik.
'n Variasie van hierdie stelsel is die "Educational Choice"-stelsel wat
toenemend in die VSA gebruik word. Die "Capitation Funding"-stelsel
word in Engeland gebruik, waarvolgens ouers die skole bestuur.
Befondsing deur die staat geskied op die basis van gelyke befondsing
vir elke kind.

> Watter land in die wereld het al ooit met totale private onderwys
> iewers gekom in die MODERNE wereld.

Daar is waarskynlik geen land wat totale private onderwys het nie, maar
dis die gevorderde lande wat groot vryheid van keuse, insluitend
private onderwys, in onderwys toelaat. Die lande wat een
staatsonderwysstelsel op almal probeer afdwing, is die lande wat
agterbly.

> As jy werklik dink die desperate pogings van swartmense om hulle
> kinders in die verlede privaat te laat opvoed (en die Afrikaners in
> die armoede-jare) is 'n model, laat jy my hare regop staan.

Dit was beslis beter as dit wat die staat hulle op die gegewe tydstip
aangebied het.

> IN die middel van die Leon Louw-modelle le 'n geheimde agenda
> verskuil. Dit is een wat te doen het met eie bevoordeling.
> Is dit nie snaaks dat net rykes voorstanders van hulle radilkale
> idees is nie?
> (Is hulle nie maar die die Harry Gwala's van die kapitalisme nie?)

A, waar sou die wêreld nie sonder sulke samesweringsteorië en
beweerde komplotte gewees het nie! Nee wat, as jy 'n geheime agenda
wil opspoor, moet jy dit liewers by die sosialiste en intervensioniste
gaan soek. Dit is immers hulle wat hoog opgaan oor hulle besorgdheid
oor die "armes" en "onderdruktes", maar wat in werklikheid beleide
daarstel wat spesiale belangegroepe dien. Hierdie belangegroepe is
hoogs georganiseerde groepe soos die vakbonde, boere, nyweraars en
ander vakkundige organisasies, wat duur prokureurs huur om belangrike
voordele by die staat in te palm, teen kollektiewe koste vir die res
van die land, wat uiteindelik veral die armes en onderdruktes
benadeel. Dit is die arm mense wat hard probeer om te spaar, maar wie
se spaargeldjies deur die staat geplunder word om die belange van die
nuwe bourgeoisie soos die vakbonde en ander spesiale belangegroepe te
dien, wat die onderspit delf.

Soos Andrew Kenny dit stel in die artikel wat ek vroeër op die poslys
en nuusgroep geplaas het:

"If you want to find consistent political categories, the
first step is to disregard all claims of noble intention:
every tyrant in history claimed to be acting for the good of
the people and so does every evil ideology ever devised."

Nie dat alle sosialiste en intervensioniste geheime agendas het nie.
Sommige van hulle wil eerlikwaar die "armes" ophef. By hulle is dit net
eenvoudig 'n geval van onkunde van hoe die ekonomie werk. Hulle kan nie
die talle, onvoorsiene gevolge van hul beleide insien nie. Dit is
hierdie onvoorsiene gevolge wat gewoonlik die einste groepe wat hulle
wil ophef, benadeel. 'n Uitstekende boek hieroor is Symond Fiske se
"Damage by Debt". Dis van die Vryemarkstigting verkrygbaar, dus sal jy
maar hierdie nes van onheil moet nader om 'n kopie in die hande te kry.

In die middel van die Leon Louw-modelle lê daar in werklikheid 'n
aandrang op een stel reëls vir almal, die afskaffing van enige
bevoorregting, en 'n beperking van die staat se mag om op talle
terreine van mense se lewens in te meng. Die sosialiste en sosiale
demokrate is daarvan oortuig dat die vergrype van die verlede deur
apartheid veroorsaak is, daarom wil hulle graag dieselfde staatsmagte
behou, maar hulle glo hulle sal die mag op 'n wyse manier uitoefen.
Hulle kan nie insien dat die probleme deur die misbruik van staatsgesag
as sulks veroorsaak is nie, en dat regerings uit omkoopbare amptenare
bestaan, nie engeltjies nie. Dus sal enige beperking van die magte van
die staat vir almal bevoordeel, die armes en onderdruktes inkluis.

> By the way, ek neem aan as jy nie staatshulp met jou opvoeding gekry
> het nie, sou jy steeds gewees het waar jy is.

Ek sou waarskynlik veel verder gewees het, as ek nie so vreklui was
nie, maar dis deels die gevolg van 'n stelsel van staatsonderwys wat
die akademie eerder as harde werk beklemtoon het. Soos meeste
Suid-Afrikaners het ek "staatshulp" ontvang, alhoewel my ouers en ek
ook 'n aardige sommetjie vir my onderwys oor die jare betaal het. Ek
het my skoolloopbaan op beide private en staatsskole ontvang. Die
privaatskool se standaarde was aansienlik hoër as die staatsskole
s'n. Terselfdertyd het ons ook gebuk gegaan onder een van die wêreld
se mees progressiewe belastingstelsels, wat enige voordeel wat
staatsubsidies vir my onderwys ingehou het, grootliks uitgeskakel het.
Swede is altyd beskou as die land wat die meer rykdom as enige ander
land herverdeel het, maar Suid-Afrika onder die Nasionaliste was nie
ver agter nie. In die tagtigerjare was die maksimum persoonlike
belasting in Swede 57%; In Suid-Afrika was dit 50%. Die maksimum
maatskappybelasting in Swede was 40%; in Suid-Afrika was dit 50%. Die
enigste mense wat werklik voordeel uit hierdie ontsaglike plundering
getrek het, was die burokrate in Suid-Afrika se ontsaglike
staatsburokrasië, wat op 'n per kapita basis gereken, feitlik so
groot soos die voormalige Sowjet-Unie s'n was.

Die grootste fout is die staatsubsidies wat aan universiteite betaal
is. Soos Don Caldwell dit gestel het, was die universiteite 'n
onsaglike welsynsstelsel vir die rykes, wat vir hoogsbetaalde beroepe
opgelei word op die gemiddelde belastingbetaler se onkoste. Dis erg
genoeg dat die belastingbetalers die land se dokters, ingenieurs,
prokureurs en tandartse wat veel meer as die meeste van hulle verdien,
subsidieer. Met die groot aantal van afgestudeerdes wat die land
verlaat, het die belastingbetaler ook vir die opleiding van
*Australië* se dokters, ingenieurs, prokureurs en tandartse betaal.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: DS: [AFRIKAANS:5804] Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5513 is 'n antwoord op boodskap #5486] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Jy kan darem geweldig baie sug en woorde tik he?
Kan jy iemand anders aanhaal as Leon Louw en Frances Kendall?
Hulle het darem baie pryse gewen ne?
Hulle is seker wereldberoemd.
(Ek voel nou skoon jammer ek het iets teen hulle gese.)
Daai benoeming vir die Nobelprys, he,he,he Ek onthou toe dit
aangekondig is.

Ja, ek was net 'n dag in Switserland by die Instituut, maar ons het
baie met baie ouens gepraat oor federalisme.
Daar was baie gedink en gese daaroor.
Hoe lank moes ek daar gewees het voor ek dit mag noem?

Weet jy wat die grondliggende verskil tussen SA en Switserland?VSA is
rakende die gesk. van die lande?

Die gehieme agende in die middel van die Wilde Vryemark het niks met
sameswering te make nie. Relax.
Dis bloot 'n manier van praat wat nogal wyd aanvaar word.
Dit beteken dit: Die mense van die Wilde Vryemark sal die meeste baat
daarby.

Is dit waar dat die rykes onder Reagan en Thatcher ryker geword het
en die armes armer?
As dit so is, wat dink jy sal so iets vir Suid-Afrika beteken?
DS: [AFRIKAANS:5828] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. -Reply [boodskap #5518 is 'n antwoord op boodskap #5486] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: maandag 29 januari 1996 14:25
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5828] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. -Reply

Chris pleeg 'n oulike tikfout:

knip

> ... Laaste: ek sien hoeka die rgering probeer om die tekrot voor
> lenings binne 6% van die BNP te hou ...

"... tekrot voor lenings ..."

Groete

Joop
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________
DS: [AFRIKAANS:5827] Staatsonderwys, Switserland, ens. -Reply [boodskap #5523 is 'n antwoord op boodskap #5486] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: JC Claassen[SMTP:C...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: maandag 29 januari 1996 13:57
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5827] Staatsonderwys, Switserland, ens. -Reply

Reni8er gee 'n mooi uiteensetting van die Switserse stelsel. Hy skryf
erens dat die provinsiale rgerings in SA hul begrotings oorskry, dat hulle
na die sentrale regering hardloop, wat dan ho?r belastings moet hef om
die tekort op te maak.

Hoër belastings is maar een manier om die tekort gedeeltelik uit te wis.
Maar die lekkerste meganisme is bloot om geld te druk. Dis Afrika se
resep vir ekonomiese chaos. Laat die geldvoorraad groei met geld wat
nie werklik geproduseer is in die ekonomie nie. Myns inisnes is dit ook
verreweg die vernaamste rede vir inflasie. Die druk van
ongeproduseerde geld laat die waarde van die geld in direkkte mate
afneem. In effek is hierdie werkswyse net nog 'n belasting. Dus: by jou
44% marginale koers op persoonlike belasting en die 14% (15%?) AVB
en al die ander aksyns en SABrouerye-belastings, moet jy nog die 14%
"inflasiebelasting" ook voeg. Laaste: ek sien hoeka die rgering probeer
om die tekrot voor lenings binne 6% van die BNP te hou. In koue terme:
Die goewerment spandeer vanjaar R25 biljoen (R25 000 miljoen!!) meer
as wat hy in kry ten spyte van ho? belastings en die druk van geld. Moet
alle politici nie 'n element?re kursus in "Hoe die sjelt van die land rerag
werk" loop nie? Hulle vernaamste job is mos om duie staatskas te
hanteer?

Mooibly
Chris Claassen
DS: [AFRIKAANS:5834] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5551 is 'n antwoord op boodskap #5486] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 10:07
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5834] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens.

Chris Claassen skryf:

> Reni8er gee 'n mooi uiteensetting van die Switserse stelsel. Hy skryf
> erens dat die provinsiale rgerings in SA hul begrotings oorskry, dat hulle
> na die sentrale regering hardloop, wat dan ho?r belastings moet hef om
> die tekort op te maak.

Die uiteensetting is te danke aan Leon Louw en Frances Kendall se
voortreflike boeke oor die onderwerp.

> Ho?r belastings is maar een manier om die tekort gedeeltelik uit te wis.
> Maar die lekkerste meganisme is bloot om geld te druk. Dis Afrika se
> resep vir ekonomiese chaos. Laat die geldvoorraad groei met geld wat
> nie werklik geproduseer is in die ekonomie nie. Myns inisnes is dit ook
> verreweg die vernaamste rede vir inflasie.

[knip]

Heeltemal korrek, maar die skepping van geld (m.a.w. inflasie), is al
'n ou slenter van regerings. Ek neem jou terug na die jaar 300 n.C.,
toe die Roomse Ryk die waarde van die sy goud- en silwerstukke verlaag
het deur die geldstukke met goedkoper metale te meng. Die
daaropvolgende prysinflasie is deur die Roomse keiser, Diocletian, op
'n ou gunsteling geblameer: die hebsug van monopolie. Die keiser
was ongewillig om die werklike bron van die probleem - geldskepping -
aan te spreek, en het maksimum pryse vir goedere en arbeid probeer
vasstel, met die doodstraf vir enige persoon wat hierdie
prysbeheerwette oortree het.

Die resultate was voorspelbaar. Talle mense het hul lewens verloor, en
mense het nie meer hul goedere mark toe gebring nie, omdat hulle nie
meer redelik pryse daarvoor gekry het nie, wat natuurlik 'n groot
tekort aan basiese goedere veroorsaak het. Die wet moes uiteindelik
opgehef word.

In 1987 het Zambie die voorraad van kwachas met 60% laat toeneem, en
toe ook omvattende prysbeheermaatreels probeer toepas. Basiese
goedere het van winkelrakke verdwyn en die swartmark het floreer.
Tydens die Duitse hiperinflasie in die twintigerjare, het die regering
4 000 000 000 000 000 000 000 mark per dag gedruk! In 1987 het die
Suid-Afrikaanse Reserwebank 1 044 000 000 nuwe rande gedruk. Die
enigste verskil tussen inflasie en hiperinflasie is die aantal nulle.

Die regering probeer natuurlik altyd die skuld vir inflasie op iemand
anders plaas, omdat hy die grootste voordeel daaruit trek.
Inflasie het vernaamlik twee voordele vir die regering - dis 'n manier
om die staatskas aan te vul (in wese 'n versteekte belasting) en die
regering kan die ekonomie manipuleer deur rentekoerse te manipuleer.

Die regering doen basies wat enige geldvervalser doen - hy druk geld om
sy rekeninge mee te betaal. Die voordeel van die druk van geld, is dat
meeste mense nie daarvan bewus is dat hulle belas word nie. Dis maklik
om te sien dat jy belas word as geld uit jou maandelikse salaris geneem
word. Dis nie so maklik om raak te sien as jou spaarrekening se waarde
afneem omdat pryse styg nie.

'n Ander voordeel wat die regering daaruit trek, is dat dit mense se
nominale inkomste laat styg en hulle dan in hoer
belastingskategorie plaas, al is hulle glad nie beter daaraan toe
nie. Hierdie verskynsel word "bracket creep" in die VSA, en "fiscal
drag" (fiskale sleur?) is Suid-Afrika genoem.

Wanneer die regering meer geld skep om sy skuld af te betaal, gaan die
geld die bankstelsel binne en dit raak dan die hele ekonomie. Die
Reserwebank kan dus rentekoerse kunsmatig verlaag, wat sakelui en
gebruikers aanmoedig om geld te leen. Dit veroorsaak 'n kort periode
van ekonomiese groei, waarvoor die regering natuurlik erkenning
ontvang.

Die oplossing vir hierdie regeringsmanipulasie van die ekonomie is om
eerstens politieke beheer oor die Reserwebank te probeer verwyder,
miskien deur grondwetlike klousules. Die Reserwebank moet volkome
geprivatiseer word. 'n Ander, radikale oplossing is al deur mense soos
Hayek voorgestel: Volkome deregulasie van die bankwese wat die
privatisering van die geldeenheid insluit. Banke kan dan, soos in die
negentiende eeu, hul eie geldeenhede uitgee en met die Reserwebank
meeding. Mense kan dan ook met buitelandse geld sake doen.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5897] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5580 is 'n antwoord op boodskap #5486] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 11:16
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5897] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens.

Jeff Zucker skryf:

> Bedoel jy dat private banke hulle eie goue "sovereigns", of
> Krugerrande, of silwer dollars, ens, sou vervaardig, of
> banknote sou druk? Het soiets eg in die 19e eeu gebeur?

Inderdaad. Dit het selfs in die vroee gedeelte van hierdie eeu gebeur -
banke soos Satndard en Barclays het hul eie banknote uitgereik, en
soos iemand elders genoem het, was dit in Namibie die geval tot in die
sestigerjare. 'n Sentrale bank wat 'n monopolie op die geldeenheid
het, is grootliks 'n 20ste eeuse onding.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5884] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5584 is 'n antwoord op boodskap #5486] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 9:53
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5884] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens.

On 30 Jan 96 at 16:54, Jeffery Zucker wrote:

> Reinier skryf:
>
>> Die oplossing vir hierdie regeringsmanipulasie van die ekonomie is
>> om eerstens politieke beheer oor die Reserwebank te probeer
>> verwyder, miskien deur grondwetlike klousules. Die Reserwebank
>> moet volkome geprivatiseer word. 'n Ander, radikale oplossing is
>> al deur mense soos Hayek voorgestel: Volkome deregulasie van die
>> bankwese wat die privatisering van die geldeenheid insluit. Banke
>> kan dan, soos in die negentiende eeu, hul eie geldeenhede uitgee
>> en met die Reserwebank meeding. Mense kan dan ook met buitelandse
>> geld sake doen.
>
> Bedoel jy dat private banke hulle eie goue "sovereigns", of
> Krugerrande, of silwer dollars, ens, sou vervaardig, of
> banknote sou druk? Het soiets eg in die 19e eeu gebeur?

En voor dit - baie.

Daar is die wonderlike storie van die eerste Lord Rothchild. Die Bank
of England het by geleentheid geweier om 'n tjek van hom te wissel.
Hy stuur toe mense na al die takke van die bank om geldnote te wissel
vir goud (aanvanklik was 'n geldnoot bloot 'n papierbewys vir die
eienaarskap van 'n werklike stuk goud wat gehou is deur die instansie
wat die note uitgereik het, en jy het die reg gehad om die goud op te
eis in ruil vir die bewys. Tot enkele jare gelede het SA banknote nog
uitdruklik verklaar dat die noot by die Reserwebank ingeruil kan word
vir die ekwivalente hoeveelheid Rand)

Dit het 'n stormloop op die bank veroorsaak. Toe die goewerneur van
die bank by Rothchild kom pleit dat hy die storie moet staak, was sy
antwoord: "If the Bank of England does not honour Rothchild notes,
Rothchild will not honour Bank of England notes."

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5883] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5589 is 'n antwoord op boodskap #5486] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 9:53
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5883] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens.

Antonie skryf:

>> Die regering probeer natuurlik altyd die skuld vir inflasie op iemand
>> anders plaas, omdat hy die grootste voordeel daaruit trek.
>> Inflasie het vernaamlik twee voordele vir die regering - dis 'n manier
>> om die staatskas aan te vul (in wese 'n versteekte belasting) en die
>> regering kan die ekonomie manipuleer deur rentekoerse te manipuleer.
>>
>
> Dit is nie 'n regering wat voordeel uit inflasie trek nie. Baie mense hou van
> inflasie. Sakemanne hou veral van inflasie. Inflasie betaal jou huis af, dit
> betaal jou motor af ens ens.

Kan jy meer verduidelik wat jy hierdeur bedoel? Hoe trek sakelui voordeel
uit inflasie, en hoe betaal dit jou huis af?
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5887] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5599 is 'n antwoord op boodskap #5486] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Marius Swart[SMTP...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 10:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5887] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens.

Reinier skryf

> Die regering probeer natuurlik altyd die skuld vir inflasie op iemand
> anders plaas, omdat hy die grootste voordeel daaruit trek.
> Inflasie het vernaamlik twee voordele vir die regering - dis 'n manier
> om die staatskas aan te vul (in wese 'n versteekte belasting) en die
> regering kan die ekonomie manipuleer deur rentekoerse te manipuleer.

In 'n aantal lande in Suid Amerika was daar geen belasting stelsel.
Inflasie was maar 'n effektiewe manier van belasting. Die
inflasie koers was natuurlik uitermatig hoog en daar was sprake van
die na middag ete prys verhogings!

Party van hierdie lande het daarin geslaag om hulle inflasie koers af
te kry na 'n enkel syfer nadat hulle besef het dat die enigste metode
streng regering is.

Ek het 'n tyd terug 'n artikel hieroor gelees, maar kan nie fyner
detail onthou nie.

arius Swart
Re: DS: [AFRIKAANS:5827] Staatsonderwys, Switserland, ens. -Reply [boodskap #5603 is 'n antwoord op boodskap #5523] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Van: JC Claassen[SMTP:C...@alpha.unisa.ac.za]
> Verzonden: maandag 29 januari 1996 13:57
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5827] Staatsonderwys, Switserland, ens. -Reply

alle politici nie 'n element?re kursus in "Hoe die sjelt van die land rerag[/color]
> werk" loop nie? Hulle vernaamste job is mos om duie staatskas te
> hanteer?

> Mooibly
> Chris Claassen>>>

'n Kursus wat die NP-regering duidelik nooit geloop het nie.
DS: [AFRIKAANS:5882] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5610 is 'n antwoord op boodskap #5486] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 9:47
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5882] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens.

Reinier skryf

> Die regering probeer natuurlik altyd die skuld vir inflasie op iemand
> anders plaas, omdat hy die grootste voordeel daaruit trek.
> Inflasie het vernaamlik twee voordele vir die regering - dis 'n manier
> om die staatskas aan te vul (in wese 'n versteekte belasting) en die
> regering kan die ekonomie manipuleer deur rentekoerse te manipuleer.
>

Dit is nie 'n regering wat voordeel uit inflasie trek nie. Baie mense hou van
inflasie. Sakemanne hou veral van inflasie. Inflasie betaal jou huis af, dit
betaal jou motor af ens ens.

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5899] Re: DS: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5616 is 'n antwoord op boodskap #5486] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 12:02
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5899] Re: DS: Staatsonderwys, Switserland, ens.

Ferdi/Koos skryf:

> Jy kan darem geweldig baie sug en woorde tik he?

Hierdie keer sal ek bondig probeer wees. Ek sal egter aanhou sug :-)

> Kan jy iemand anders aanhaal as Leon Louw en Frances Kendall?

Ek het, as jy my artikel versigtig gelees het. Wat van "Federalism:
The Solution?", RGN, D. J. Kriek, red?

> Hulle het darem baie pryse gewen ne?

Ja, nogal.

> Hulle is seker wereldberoemd.

In sekere kringe, ja.

> (Ek voel nou skoon jammer ek het iets teen hulle gese.)

Jy's vergewe.

> Daai benoeming vir die Nobelprys, he,he,he Ek onthou toe dit
> aangekondig is.

En ....?

> Ja, ek was net 'n dag in Switserland by die Instituut, maar ons het
> baie met baie ouens gepraat oor federalisme.
> Daar was baie gedink en gese daaroor.
> Hoe lank moes ek daar gewees het voor ek dit mag noem?

Dit staan jou vry om dit te noem. Dis hoeveel betekenis ons daaraan
moet heg wat ter sprake is.

> Weet jy wat die grondliggende verskil tussen SA en Switserland?VSA is
> rakende die gesk. van die lande?

Verstaan nie die vraag nie.

> Die gehieme agende in die middel van die Wilde Vryemark het niks met
> sameswering te make nie. Relax.
> Dis bloot 'n manier van praat wat nogal wyd aanvaar word.
> Dit beteken dit: Die mense van die Wilde Vryemark sal die meeste baat
> daarby.

En "die mense" is al die mense van die land. Wat is 'n "Wilde
Vryemark"? Lyk my jy verwar 'n vryemarkstelsel met 'n anargie.

> Is dit waar dat die rykes onder Reagan en Thatcher ryker geword het
> en die armes armer?

Nee, dis nie waar nie. Die rykes het ryker geword, en die armes ook.

> As dit so is, wat dink jy sal so iets vir Suid-Afrika beteken?

Aangesien dit nie so is nie, sal dit beteken dat almal in Suid-Afrika
daaruit voordeel sal trek.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5940] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5629 is 'n antwoord op boodskap #5486] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 13:26
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5940] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens.

Nico skryf:

>> Kan jy meer verduidelik wat jy hierdeur bedoel? Hoe trek sakelui
>> voordeel uit inflasie, en hoe betaal dit jou huis af?
>
> Baie eenvoudig:
>
> Ek het my plek 'n klompie jare teruggekoop en kon dit net-net
> bekostig.
>
> Danksy inflasie, het ek gereeld deeglikse salaris verhogings gekry.
> Vandag is my verbandpaaiement 'n klein gedeelte van my salaris, want
> die minimum paaiement het konstant gebly.
>
> Die waarde van my eiendom het egter weggehardloop, en ek kan dit nie,
> selfs met my huidige salaris, bekostig om my eie plek nou te koop
> nie!

Die waarde van jou eiendom het dieselfde gebly, tensy jy daarby gevoeg
het. Dis jou geld wat waarde verloor het, en soos jy heel tereg daarop
wys, kan jy nou skaars bekostig om 'n soortgelyke huis te koop.
Intussen is jou spaargeld in sy maai, enige ingevoerde goedere
buitensporig duur, en jy word veel meer vir belasting aangeslaan.
Alles in ag genome, is jy geldelik swakker daaraan toe. Jy moet na al
die versteekte nadele ook kyk, nie net die voor die hand liggende
voordele nie.

Inflasie het wel korttermyn voordele - dit gee die ekonomie 'n tydelike
hupstootjie - maar dis die langtermyn nadele wat veel swaarder moet
weeg.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: DS: [AFRIKAANS:5883] Re: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5641 is 'n antwoord op boodskap #5589] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Robert Wagenaar wrote:


Dit is nie 'n regering wat voordeel uit inflasie trek nie. Baie
mense hou van
>> inflasie. Sakemanne hou veral van inflasie. Inflasie betaal jou huis af, dit
>> betaal jou motor af ens ens.

> Kan jy meer verduidelik wat jy hierdeur bedoel? Hoe trek sakelui voordeel
> uit inflasie, en hoe betaal dit jou huis af?>>


Koop 'n huis vir R50 000. Jou salaris is R5,000 per maand.
Ry op inflasie tot jou salaris tien jaar later R25,000 per maand is.?
Re: DS: [AFRIKAANS:5899] Re: DS: Staatsonderwys, Switserland, ens. [boodskap #5657 is 'n antwoord op boodskap #5616] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> ----------
> Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
> Verzonden: woensdag 31 januari 1996 12:02
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5899] Re: DS: Staatsonderwys, Switserland, ens.

<<>> Hulle is seker wereldberoemd.

>In sekere kringe, ja.>>

Lieflike stelling. Soos: Hulle is wereldberoemd in Suid-Afrika.

<<>> Daai benoeming vir die Nobelprys, he,he,he Ek onthou toe dit
>> aangekondig is.

>En ....?>>>

Daar was groot gelag. Mense het geweet hoe maklik jy daardie soort
benoeming kan bekom en hoe min te dit.

<<> Ja, ek was net 'n dag in Switserland by die Instituut, maar ons het
>> baie met baie ouens gepraat oor federalisme.
>> Daar was baie gedink en gese daaroor.
>> Hoe lank moes ek daar gewees het voor ek dit mag noem?
>Dit staan jou vry om dit te noem. Dis hoeveel betekenis ons daaraan
>moet heg wat ter sprake is.>>>

A, maar jou in jou kritiek het sterk verwys na die tydperk daar
deurgebring! (Negatief verwys).

<<>> Weet jy wat die grondliggende verskil tussen SA en
Switserland?VSA is
>> rakende die gesk. van die lande?
>Verstaan nie die vraag nie.>>

Swityserland was verskeie onafhanklike state wat saamgekom het op
soek na gemeenskaplikheid op sekere gebiede. SA is 'n eenheid wat gaan
soek het na afwenteling van mag.
Dis 'n baie belangrike verskil.

<< Wat is 'n "Wilde
>Vryemark"? Lyk my jy verwar 'n vryemarkstelsel met 'n anargie.>>

Nee. Ek sien die taxi-bedryf.

<<>> Is dit waar dat die rykes onder Reagan en Thatcher ryker geword het
>> en die armes armer?
>Nee, dis nie waar nie. Die rykes het ryker geword, en die armes ook.>>>

Eerste keer dat ek dit hoor. Wat ek tot dusver gehoor het vanuit
Brittanje en die VSA is dat armes armer is en ryker ryker.

<<>> As dit so is, wat dink jy sal so iets vir Suid-Afrika beteken?
>Aangesien dit nie so is nie, sal dit beteken dat almal in Suid-Afrika
>daaruit voordeel sal trek.>>

Dit is so. Die vraag staan.
DS: [AFRIKAANS:5970] Re: DS: Staatsonderwys, Switserland, en [boodskap #5674 is 'n antwoord op boodskap #5486] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 10:03
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5970] Re: DS: Staatsonderwys, Switserland, en

> > alle politici nie 'n element?re kursus in "Hoe die sjelt van die land rerag
>> werk" loop nie? Hulle vernaamste job is mos om duie staatskas te
>> hanteer?

>> Mooibly
>> Chris Claassen>>>

> 'n Kursus wat die NP-regering duidelik nooit geloop het nie.

Die ANC lyk my het ook gebank toe die kursus aangebied is.
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5936] Re: Doppers
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5841] Revisited
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 15 14:32:13 MGT 2024