Leksikograaf Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sing
Afbreking: sing
Werkwoord: sing
Verlede tyd: het gesing
Teenwoordige deelwoord: singende
Betekenis:
• Klanke volgens 'n wysie uiter; musiek met die stem maak; musikale note met die stembande voortbring.
Gebruik:
• Sy sing elke Sondag in die kerkkoor.
Spreekwoord:
• Elke voël sing na hy gebek is. [Elkeen praat en handel maar volgens sy eie aard.]
• Hy sing altyd dieselfde gesang. [Hy kom altyd met dieselfde ou storie.]
• Hy sing 'n ander liedjie. [Hy is minder aanmatigend.]
• Hy sing 'n ou gesang. ['n Ou, netelige saak weer ophaal.]
• Hy sing nou 'n ander deuntjie. [Iets sê wat glad nie ooreenstem met wat hy eers beweer het nie.]
• Soos die oue sing, so piep die jonge. [Kinders praat hulle ouers na.]
Verwant:
• sang
• besing
Vertaling:
Engels: to sing
Nederlands: zingen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.