Betekenis:
• Met 'n oppervlak wat na buite bult (uitwaarts gekrom is).
Gebruik:
• 'n Lens is konveks as dit dikker in die middel as aan die kante is.
• As ligstrale op 'n konvekse lens val, konvergeer hulle (loop hulle saam); die gevolg is dat voorwerpe groter lyk.
Sinoniem:
• bolrond
Antoniem:
• konkaaf
• holrond
Vertaling:
Engels: convex
Nederlands: convex
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.