seshoek [boodskap #127121] |
Wo, 17 Julie 2019 19:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seshoek
Afbreking: ses•hoek
Samestelling: ses + hoek
Selfstandige naamwoord: seshoek
Meervoud: seshoeke
Verkleinwoord: seshoekie
Meervoud van verkleining: seshoekies
Betekenis:
• 'n Geometriese tweedimensionale vorm, bestaande uit ses hoeke en derhalwe ook ses sye.
Gebruik:
• 'n Gewone seshoek se binnehoeke is gelyk aan 120° en sy sye is ewe lank.
Sinoniem:
• heksagoon
Hiperoniem:
• veelhoek
Verwant:
• seshoekig
• seshoekige
Vertaling:
Engels: hexagon
Nederlands: zeshoek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|