verwag [boodskap #127108] |
Wo, 17 Julie 2019 12:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20615 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwag
Afbreking: ver•wag
Werkwoord: verwag
Verlede tyd: het verwag
Betekenis:
• Om te dink dat iets in die toekoms gaan gebeur; as vooronderstelling aanneem.
• Om swanger te wees; 'n baba kry.
Gebruik:
• Hy verwag 'n beloning vir sy harde werk.
• Sy ma verwag 'n baba in Julie.
Spreekwoord:
• Van 'n donkie moet jy 'n skop verwag. [Van 'n onbeskofte persoon moet jy slegte behandeling verwag.]
Sinoniem:
• antisipeer
Vertaling:
Engels: to expect
Nederlands: verwachten
Byvoeglike naamwoord: verwag
Attributief: verwagte
Betekenis:
• Wat waarskynlik in die toekoms sal gebeur.
Gebruik:
• Hy het voor die verwagte tyd hier aangekom.
Antoniem:
• onverwag
Vertaling:
Engels: expected
Nederlands: verwacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 03 November 2024 17:44] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|