Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eenvoudig
eenvoudig [boodskap #127089] Di, 16 Julie 2019 06:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20615
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eenvoudig
Afbreking: een•vou•dig
Uitspraak: /ˌɪə̯nˈfœu̯.dəχ/




Byvoeglike naamwoord: eenvoudig
Vergrotende trap: eenvoudiger
Oortreffende trap: eenvoudigste
Attributief: eenvoudige
Intensief: doodeenvoudig

Betekenis:
• Nie ingewikkeld nie; maklik om te doen of te volg.
• Sonder oordaad of vertoon; ongekunsteld.
• Gewoonweg.

Gebruik:
• Die oefeninge wat jy moet doen is eenvoudig.
• Hy dra 'n eenvoudige uitrusting.
• Hy wil eenvoudig nie saamwerk nie!

Antoniem:
• ingewikkeld

Afgelei:
• eenvoud
• vereenvoudig
• eenvoudigheid
• eenvoudigheidshalwe

Vertaling:
Engels: simple, easy,; plain
Nederlands: eenvoudig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: glad
Volgende onderwerp: hoef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 05 07:54:01 MGT 2024