Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oom
oom [boodskap #127084] Ma, 15 Julie 2019 18:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oom
Afbreking: oom
Uitspraak: /oəm/




Selfstandige naamwoord: oom
Meervoud: ooms
Verkleinwoord: oompie
Meervoud van verkleining: oompies

Betekenis:
• (familie) Jou pa of ma se broer. Jou tannie se man.
• Informele aanspreekvorm teenoor 'n man wat ouer as jy is (soos die meer formele "meneer").
• Enige ouer man.

Gebruik:
• My oom se motor is 'n ou masjien; hy maak dit vol met diesolien. [Laurika Rauch]
Oom, sal oom asseblief vir ons die bal oor die muur gooi?
Oom Schalk Lourens was 'n bobaas storieverteller van die Groot Marico.

Spreekwoord:
• Tot by oom Daantjie in die kalwerhok. [So ver moontlik.]

Antoniem:
• tannie
• tante

Vertaling:
Engels: uncle
Nederlands: oom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: insekkundige
Volgende onderwerp: luister
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 10:03:12 MGT 2024