Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haal
haal [boodskap #127078] Ma, 15 Julie 2019 07:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
haal
Afbreking: haal
Uitspraak: /ɦɑːɫ/




Werkwoord: haal
Verlede tyd: het gehaal

Betekenis:
• Êrens heen gaan met die doel om iets of iemand terug te bring.
• Iets betyds bereik (voor dit te laat is).

Gebruik:
• Hy het sy vriende op die lughawe gaan haal.
• Ek moet nog die bus haal.

Spreekwoord:
• Die bobbejaan agter die bult gaan haal. [Moeilikheid vooruitloop; jou kwel oor iets wat nog nie eens gebeur het nie.]
• Hy haal sy flikkers uit. [Hy doen sy bes om aandag te trek.]
• 'n Kooltjie vuur kom haal. [Net 'n oomblikkie op 'n plek kuier.]
• Iemand deur die slyk haal. [Sy goeie naam besmeer.]
• Ou koeie uit die sloot haal. [Pynlike herinneringe opdiep.]
• Werk dat jy die kromme note haal. [Baie hard werk.]
• Hy is net goed om die dood te gaan haal. [Baie stadig wees.]
• Uit die assies van jou vuurherd, sal jy nooit weer kole haal. [Wat verby is, is verby.]
• Vir iemand die kastaiings uit die vuur haal. ['n Moeilike, vuil of gevaarlike werk vir 'n ander doen.]

Antoniem:
• verpas

Homofoon:
• hael (stukkies ys wat uit die wolke val)

Vertaling:
Engels: to fetch, get; cought, make
Nederlands: halen


Selfstandige naamwoord: haal
Meervoud: hale

Betekenis:
• Hou met 'n slaanding (soos 'n sambok of sweep).
• 'n Streep wat met pen of potlood oor iets getrek is.
• 'n Kragtige beweging vorentoe of na jou toe (trek of stoot).

Gebruik:
• Die eerste haal het 'n rooi brandmerk of sy rug gelaat.
• Die onderwyser het 'n haal deur haar slordiger werk getrek.
• Hy hardloop met lang egalige hale.

Vertaling:
Engels: stroke, dash, pull
Nederlands: haal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geweet
Volgende onderwerp: blank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 02:39:09 MGT 2024