Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fout
fout [boodskap #127054] Sa, 13 Julie 2019 19:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fout
Afbreking: fout




Selfstandige naamwoord: fout
Meervoud: foute
Verkleinwoord: foutjie
Meervoud van verkleining: foutjies

Betekenis:
• Nie in orde nie; iets wat verkeerd is met 'n masjien of stelsel sodat dit nie na behore funksioneer nie; defektief.
• Nie reg nie; dit wat verkeerd is/gaan as gevolg van iets wat iemand doen of nalaat om te doen.

Gebruik:
• Daar is iets fout met die kar, dit maak 'n snaakse geraas.
• Hy het net een fout in die toets gemaak. Sy fout was om nie vir die eksamen te leer nie.

Hiponiem:
• denkfout
• grammatikafout
• oordeelsfout
• programfout
• setfout
• skryffout
• spelfout
• tikfout

Verwant:
• foutboodskap
• foutief
• fouteer
• ontfout

Vertaling:
Engels: defect, fault; mistake
Latyn: erratim
Nederlands: fout

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soveel
Volgende onderwerp: foute
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 21:38:57 MGT 2024