Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » hondelatyn
hondelatyn [boodskap #5938 is 'n antwoord op boodskap #5941] Do, 14 Maart 1996 00:00
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
So van latyn en potjieslatyn gepraat, weet iemand wat die volgende beteken?
Dit is 'n inskripsie wat ek iewers in die veld teen 'n krans raakgeloop het:

Una siquet lagatsu confidor

hendrik
Re: hondelatyn [boodskap #5939 is 'n antwoord op boodskap #5938] Do, 14 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 14 Mar 1996, Hendrik Martin wrote:

> So van latyn en potjieslatyn gepraat, weet iemand wat die volgende beteken?
> Dit is 'n inskripsie wat ek iewers in die veld teen 'n krans raakgeloop het:
>
> Una siquet lagatsu confidor
>
> hendrik
>>

Jammer, Hendrik, maar die middelste twee woorde het iets iewers mee
skeefgegaan (ten minste wat klassieke Latyn betref, wat die groot
woordeboek Lewis and Short ken).
Al wat ek kan sê, is dat "una" meesal "een" beteken, maar ook as bywoord
"saam" kan beteken, en "confidor" beteken "ek vertrou". "siquet" ken ek
nie. "sicut" beteken "net soos". Maar dit kon selfs iets soos "sic et"
(aldus, en) of so iets oorspronkilk gewees het. "lagatsu" slaan my dood.
"lagona" is 'n bottel - en was dikwels gebruik soos die moderne
spreekwoordelike "bottel", iemand wat lief is vir die bottel, ensovoorts.
aar, dit mag wees dat "lagatsus" 'n vierde naamval woord is wat
middeleeus is, want "confidor" neem die ablatief (meesal), en hierdie
"legatsu" ding sou dan die korrekte naamval h^e, wat miskien nie
toevallig is nie. Alhoewel Lewis and Short meeste middeleeuse weergawes
bevat, is daar talle volksuitdrukkings wat snaakse woorde gebruik wat nie
daarin opgeneem is nie.

Vir die brakendes: Jammer.


Baai

Frank.
Re: hondelatyn [boodskap #5940 is 'n antwoord op boodskap #5938] Do, 14 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Frank skryf:

"lagatsu" slaan my dood.

Ek kon verklarings vir die ander woorde kry - ek ken ook 'n bietjie Latyn :>
- maar soos jy daar sê, "lagatsu" bly 'n volslae raaisel. Moontlik is dit
'n korrupsie van "legatus". Natuurlik is die spreuk (?) ook nie noodwendig
Latyn nie.

hendrik
Re: hondelatyn [boodskap #5941 is 'n antwoord op boodskap #5938] Do, 14 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Het dit ook so geruik, Hendrik?

dalk slaan jy nou die spyker op die kop.....
>
> Hoepel
>

Jawel, in my eie oe" is ek maar 'n soort Uilspiee"l - ek is die eerste om
dit te erken.
Maar oor die inskripsie sal ek selfs voor die Waarheidskommissie getuig...

hendrik
Vorige onderwerp: Re: Psychisch defect
Volgende onderwerp: Re: ENERGIEBEHOUD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 18:36:55 MGT 2024