Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verkeerd
verkeerd [boodskap #126999] Wo, 10 Julie 2019 12:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkeerd
Afbreking: ver•keerd




Byvoeglike naamwoord: verkeerd
Vergrotende trap: verkeerder
Oortreffende trap: verkeerdste
Attributief: verkeerde

Betekenis:
• Nie reg of goed nie; op onjuiste wyse; foutief.

Gebruik:
• Jou antwoord is verkeerd.
• Dit is verkeerd om te steel.

Spreekwoord:
• Moenie die saak verkeerd aanlê nie. [Verkeerd aanpak.]
• Sy hande staan vir niks verkeerd nie. [Hy kan alles doen.]

Sinoniem:
• foutief
• onjuis

Antoniem:
• korrek
• reg

Afgelei:
• verkeerdelik

Vertaling:
Engels: wrong; unreasonable, impossible, distorted
Nederlands: verkeerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: heel
Volgende onderwerp: darem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 14:50:48 MGT 2024