Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6801] |
Di, 16 Julie 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek wil 'n bietjie 'n draad optel in die nuusgroep
oor Afrikaner-snobisme ens. want dit interesseer my.
Die Afrikaner het nog altyd hierdie ding gehad oor bo-dorp en
onderdorp ens. 'n Snobisme wat ons by die engelse geleer het.
(En hulle het maar dikwels op die Afrikaner neergesien).
Gloudina skryf oor die ou wat sneeu oplaai:
> Ek weet nie hoekom die beeld my so diep
> getref het nie. Die Afrikaner, met die onverwagte wit
> kosbaarheid wat uit die lug neerdaal, doen wat enige Afri-
> kaner sal doen : laai dit op sy bakkie en gaan wys dit vir
> sy mense.
Lou skryf:
> Jy het maar nog die selfde ou Superieure mentaliteit -
> veralgemeen alweer die Afrikaner ...
Lou het 'n punt beet, maar hier is sy beskuldiging misplaas.
Dit is vir my 'n baie mooi beeld. Dit bring deernis op.
Ons het dit ook gedoen. In die Drakensberge ingery,
'n sneeuman op die kar se kap gebou, en versigtig teruggery
om vir die ander in die dorpie te wys. Dit was 'n mooi gebaar.
Verder word in die buiteland die mannewales van Eugene Terblanche
op TV uitgebeeld asof DIT die Afrikaner is. (Hy is dalk een,
maar hy maak die res van ons se naam gat).
In die briewewisseling oor De Kat/Huisgenoot skryf ons oor
"Kwaliteit" stories teenoor "Mills and Boon" ens.
(Ek stem saam, De Kat is beter kwaliteit letterkunde ja).
Ons moet egter versigtig wees (ook nie nie oorgevoelig) dat ons
die Afrikaner of sommige Afrikaners dalk as "COMMON" beskou sal
word oor wat hul doen en lees ens. nie.
Die Afrikaner mag dalk EENVOUDIG wees, maar nie "common" nie.
Die Afrikaner was nog meestal 'n eerlike,
plat-op-die-aarde mens, wat nie doekies omdraai nie, en beslis
nie 'n farisieer nie, wat volgens sy beginsels gehandel het
(...behalwe met Apartheid natuurlik), en nie skaam was daarvoor nie.
Wat is 'n goeie woord vir "common"??
Om "common" te wees is om met oorverdowende musiek deur die strate
te ry, dit het niks te doen met hoe ryk of slim of verkramp jy is nie.
Arm mense mag eenvoudig wees (en nie De Kat kan bekostig nie),
maar hulle is nie "common" nie. Ek kom nou eers agter,
hier in Australie, dat ons Afrikaners 'n "diepte" het,
wat baie ander nasies nie het nie. Ons geskiedenis het ons geslyp.
Ons dominee vertel van een van ons kerk se sendelinge wat hier in Australie
onder die "outback" boeregemeenskap sendingwerk doen: van meer as
tien mense het slegs een hom ingenooi. Dit is nou na lank se ry in die
stof en hitte. Vergelyk dit nou maar met ons boeregrasvryheid.
(Wat, so terloops, dink ek, van die Hollanders af kom).
Is dit nie juis die mense in die platteland (ook die swartes)
wat die sout van die aarde is in hul eenvoud nie ? Wat nog aan dieper
waardes vasklou, al is sommige verkramp en "agter die klip".
Baie Afrikaner-juppies mag polities liberaal wees, maar het hul
beginsels en hul taal lankal deur hul gat getrek. Hulle is "common".
In daai geval drink ek wragtag eerder 'n dop saam met E.T. en Jaap Marais.
Terloops, pos tog die vlg gedig as julle dit ken: (ek onthou net stukke)
(Dit het my nog altyd aan die Afrikaner laat dink).
Ek hou van 'n man wat sy man kan staan,
wat se oog nie wyk, 'n bars kan kyk...
groete.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6802 is 'n antwoord op boodskap #6801] |
Di, 16 Julie 1996 00:00 |
Aliki van Heek[2]
Boodskappe: 11 Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , gal...@ibm.net says:
>
>
> Ons dominee vertel van een van ons kerk se sendelinge wat hier in Australie
> onder die "outback" boeregemeenskap sendingwerk doen: van meer as
> tien mense het slegs een hom ingenooi. Dit is nou na lank se ry in die
> stof en hitte. Vergelyk dit nou maar met ons boeregrasvryheid.
> (Wat, so terloops, dink ek, van die Hollanders af kom).
>
Dankie, dankie, maar die eer is misplaats. Nou kan die Hollanders iets van die
Afrikaners leer oor gasvryheid...
Groete uit Holland
************************************************************ ********************
* Aliki van Heek E-mail: van...@ecn.nl Phone: +31(0)2246 4507 *
* Netherlands Energy Research Foundation ECN Fax : +31(0)2246 3490 *
* Department: NUC P.O. Box 1 NL-1755 ZG Petten The Netherlands *
************************************************************ ********************
|
|
|
Re: AFRIKANER KULTUUR & SNOBISME: hoge spanning !! [boodskap #6803 is 'n antwoord op boodskap #6801] |
Di, 16 Julie 1996 00:00 |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
> Gloudina skryf oor die ou wat sneeu oplaai:
>> Ek weet nie hoekom die beeld my so diep
>> getref het nie. Die Afrikaner, met die onverwagte wit
>> kosbaarheid wat uit die lug neerdaal, doen wat enige Afri-
>> kaner sal doen : laai dit op sy bakkie en gaan wys dit vir
>> sy mense.
> In die briewewisseling oor De Kat/Huisgenoot skryf ons oor
> "Kwaliteit" stories teenoor "Mills and Boon" ens.
> (Ek stem saam, De Kat is beter kwaliteit letterkunde ja).
Korrek en De Kat is nou bankrot.
Laasjaar toe die hele Kaap een Sondag Ceres toe gery het en 'n helse
traffic jam veroorsaak het , het baie baie mense simpel sneeumanne op
hulle karre en so gebou. Die mense was van alle kleure en geure, ryk
engelse in hulle Landrover discoveries , bruinmense van
Mitchellsplain, Slamse van die Bo Kaap , en ja 'n spul afrikaanses ook
van Welgemoed tot Kraaifontein. Almal het ook lustig meegedoen om die
vrugteboorde te vertrap en die heinings en hekke te breek om by die
sneeu te kom.
cheers
JP
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6815 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Wo, 17 Julie 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Faan Kuypers het die gedig opgespoor. Dankie.
Dit is van Jan F.E. Cilliers. En dit lyk my dit
het nog meer oor die Afrikaner te se as wat ek gedink het.
TROU
Ek hou van 'n man wat sy man kan staan;
ek hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan;
'n oog wat nie wyk,
wat 'n bars kan kyk;
en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan-
vas soos 'n berg van grou graniet
op vaderlands grond, sy hartsgebied,
aan haar getrou
soos aan kind en vrou,
en wat in haar ere ook syne siet.
Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
in die taal uit haar vrome mond geleer,
en die bastergeslag
in sy siel verag,
wat, haar verstotend, hulself kleineer.
Die oog wil ek sien wat 'n traan nog ween
vir 'n heldegeslag, in hul rus daarheen,
maar 'n blits van trou
in die traan van rou,
wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.
Vir my die Afrikaner van durf en daad,
wat Mammons eer en loon versmaad,
sy hoof en sy hand
vir sy volk en sy land
en 'n trap van sy voet vir laag verraad!
O, ek hou van 'n man wat sy man kan staan;
ek hou van 'n daad wat soos donder slaan;
'n oog wat nie wyk,
wat 'n bars kan kyk;
en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan.
Uit:Die Vlakte en ander gedigte (Nasionale boekhandel)
getik vir News group deur Margreet Kuypers
groete
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6823 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Do, 18 Julie 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
<<<>Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
> in die taal uit haar vrome mond geleer,
> en die bastergeslag
> in sy siel verag,...>>>
Nou watse twak sal dit nou wees?
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6828 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Vr, 19 Julie 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Galjoen het geskryf:
>
> Faan Kuypers het die gedig opgespoor. Dankie.
> Dit is van Jan F.E. Cilliers. En dit lyk my dit
> het nog meer oor die Afrikaner te se as wat ek gedink het.
>
> TROU
>
> Ek hou van 'n man wat sy man kan staan;
> ek hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan;
> 'n oog wat nie wyk,
> wat 'n bars kan kyk;
> en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan-
>
> vas soos 'n berg van grou graniet
> op vaderlands grond, sy hartsgebied,
> aan haar getrou
> soos aan kind en vrou,
> en wat in haar ere ook syne siet.
>
> Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
> in die taal uit haar vrome mond geleer,
> en die bastergeslag
> in sy siel verag,
> wat, haar verstotend, hulself kleineer.
>
> Die oog wil ek sien wat 'n traan nog ween
> vir 'n heldegeslag, in hul rus daarheen,
> maar 'n blits van trou
> in die traan van rou,
> wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.
>
> Vir my die Afrikaner van durf en daad,
> wat Mammons eer en loon versmaad,
> sy hoof en sy hand
> vir sy volk en sy land
> en 'n trap van sy voet vir laag verraad!
>
> O, ek hou van 'n man wat sy man kan staan;
> ek hou van 'n daad wat soos donder slaan;
> 'n oog wat nie wyk,
> wat 'n bars kan kyk;
> en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan.
>
>
> Uit:Die Vlakte en ander gedigte (Nasionale boekhandel)
> getik vir News group deur Margreet Kuypers
>
> groete
>
Dankie Galjoen
Jy is heeltemal reg - as dit DIE Afrikaner definisie is, beter ons almal wat
ons self as Afrikaner sien maar bietjie die kop laat hang. Veral diegene van
ons, myself ingesluit, wat met verlangende oe kyk na die gras anderkant die
draad, waar ons kinders dalkies 'n 'beter' toekoms sal kan he^.
Beste
Lou
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6839 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Ma, 22 Julie 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos skryf oor die gedig:
><<<>Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
>> in die taal uit haar vrome mond geleer,
>> en die bastergeslag
>> in sy siel verag,...>>>
>
> Nou watse twak sal dit nou wees?
>
Koos, bogenoemde stukkie het my oog ook gevang.
(Is dit oor ons oge so polities igestel is deesdae?)
Ek het eintlik gehoop iemand lewer hierop kommentaar.
So, wil jy of iemand nie 'n mening waag en jou interpretasie
gee nie ? Wie is die basters ? Is dit 'n politieke standpunt
oor swart/wit ? As dit is, sal dit my afsit, maar is
dit so ? Of hoekom dink jy dis twak ????????????????
As dit wel rassisties bedoel was (?) seg dit dan nie JUIS
iets van hoe die/sommige Afrikaner(s) hulself gesien het nie ?
Moet ons sulke stukkies sensor ? Of sulke digters ?
Het die gedig/digter in 'n sekere politieke of kulturele raamwerk
gestaan wat bg kan verklaar?
Ek weet nie veel van die digkuns nie, maar julle ouens
wat meer van letterkunde weet moet darem seker 'n meer
beredeneerde oordeel kan maak ?.
Die res van die gedig is gewoon mooi (ek het eintlik
die gedig heeltemal vergeet, net die laaste stukkies
onthou).
Groete
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6854 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Di, 23 Julie 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Oor die strofe:
Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
in die taal uit haar vrome mond geleer,
en die bastergeslag
in sy siel verag
As 'n mens die gepraat oor die moedertaal naas die
gepraat oor die "bastergeslag" sien staan, dan is daar
'n duidelike taalkundige agenda hier. Teen wie het
die digter dit? Teen mense wat die taal opmors deur
'n mengsel van Engels en Afrikaans te praat?Of mense
wat woorde uit die lokale tale insluit in hulle gepraat
en dus die digter se teorie dat Afrikaans net Diets is
in die wiele ry?
In alle geval, die tot onlangs patologiese haat (en dus
vrees) vir verbastering by die Afrikaner, het vir my 'n
sielkundige oorsprong. Dis 'n bekende sosio-statistieke
feit dat daar baie bloed van inheemse mense in die Afri-
kaner se are vloei. Die vraag in my kop is die volgende:
wanneer en hoekom het dit skielik so dringend geword
om spierwit te wees? Die Nederlandse regerende elite
het aanvanklik verbroedering aangemoedig. (Onthou vir
Eva.) Was dit die Calvinisme van die Hugenote? Die
later invloed van die Engelse?
Ek wil ook daarop wys dat die mense van die Noord-
Kaap in my kinderdae 'n hele ander konsep gehad het van
wat die woord "Baster" beteken. Daar was verskeie groepe
"basters" in daardie deel van die land (onder andere by
Rehoboth) wat suksesvolle boere was op hulle eie grond.
(Iets wat die boere op Kakamas se nedersetting nie gehad
het nie. Die N.G. Kerk was in besit van hulle kaart en
transport aanvanklik.) Ek kan nou nog die respek hoor
in my pa se stem as hy van die ryk en hardwerkende
"Basters" praat.
As ek nou so terugdink, begin ek glo dat ons daar in
die Noordkaap nie so patologies neergesien het op gemeng-
de bloed nie. Die vroedvrou wat my in die lewe gebring het
(op 'n tyd toe die dokter net geroep is vir uitsonderlike ge-
valle), was 'n aristokratiese, gerespekteerde vrou, opgelei
deur die distriksgeneesheer en dus deel van die lokale
gesondheidsstruktuur. Dit was bekend dat sy in haar agter-
grond Kleurlingbloed gehad het, maar dit het vir niemand
saak gemaak nie. En sy het die mooiste blomtuin gehad.
Daarin was daar die enigste katjiepieringboom in ons hele
omtrek. So in my kindergemoed was die geur van die
katjiepierings gemeng met die wete van die eksotiese bloed
in haar are en die respek vir haar professionele status in die
gemeenskap.
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6858 is 'n antwoord op boodskap #6801] |
Wo, 24 Julie 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Gloudina het weer volgende te se^ gehad oor Jan F.E. Cilliers se gedig:
>
> Oor die strofe:
> Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer
> in die taal uit haar vrome mond geleer,
> en die bastergeslag
> in sy siel verag
>
> As ‘n mens die gepraat oor die moedertaal naas die
> gepraat oor die “bastergeslag” sien staan, dan is daar
> ‘n duidelike taalkundige agenda hier. Teen wie het
> die digter dit? Teen mense wat die taal opmors deur
> ‘n mengsel van Engels en Afrikaans te praat?Of mense
> wat woorde uit die lokale tale insluit in hulle gepraat
> en dus die digter se teorie dat Afrikaans net Diets is
> in die wiele ry?
> In alle geval, die tot onlangs patologiese haat (en dus
>>>>>>>>>>> Opmerking <<<<<<<<<<<
By gebrek aan iets beter 'BULLSHIT!'. Al weer die Afrikaner - jy sit daar ver
oorsee in anner land en elke keer as jy iets skryf is dit weer die Afrikaner
dit en die Afrikaner dat - miskien lei jy onder skuldgevoelens ontspringend
uit die lank gekoesterde en ingeteelde vrees dat die neo-fasisme en
kolonialistiese agtergrond wat die erfenis van alle nie negroiede inwoners van
afrika forseer, om meegaande met hulle Calvinisties, maternalisties oorsprong
met die gevorseerde mengsels van Europese en Hottentot bloed en die
vervolgings waansin aangebring deur beide die Hugenoot en Engelse setlaars wat
as gevolg van gedwonge verskuiwing nooit werklik hulle self kon versoen het
met die Afrika genre en ooreenkomstig die bogenoemde in sfere buite hulle
werelds vlak beweeg het, en as sodanig geweldige patologies en sosiologies
disfunksie openbaar het wat hulle as 'n volk gedwing het om die klasieke en
trotse Afrika bevolking ( Die werklike Afrikane as sulks dus, uitsluitende die
Koi en Kan mense) met 'n patolgiese haat, grensend aan waansin, te onderdruk
en te beroof van hulle erfenis. As sulks kan dit in terme van bogenoemde ook
duidelik bemerk word uit die optrede van die setelaars van die Australiese en
Amerikaanse Vastelande wat die inheemse bevolking op hulle beurt onderdruk en
beroof het .... ens ens ens
.. sien ek kan ook 'n groot klomp tos skryf wat werklik niks beteken nie.
> vrees) vir verbastering by die Afrikaner, het vir my ‘n
> sielkundige oorsprong. Dis ‘n bekende sosio-statistieke
> feit dat daar baie bloed van inheemse mense in die Afri-
> kaner se are vloei. Die vraag in my kop is die volgende:
> wanneer en hoekom het dit skielik so dringend geword
> om spierwit te wees? Die Nederlandse regerende elite
> het aanvanklik verbroedering aangemoedig. (Onthou vir
> Eva.) Was dit die Calvinisme van die Hugenote? Die
> later invloed van die Engelse?
> Ek wil ook daarop wys dat die mense van die Noord-
> Kaap in my kinderdae ‘n hele ander konsep gehad het van
> wat die woord “Baster” beteken. Daar was verskeie groepe
> “basters” in daardie deel van die land (onder andere by
> Rehoboth) wat suksesvolle boere was op hulle eie grond.
> (Iets wat die boere op Kakamas se nedersetting nie gehad
> het nie. Die N.G. Kerk was in besit van hulle kaart en
> transport aanvanklik.) Ek kan nou nog die respek hoor
> in my pa se stem as hy van die ryk en hardwerkende
> “Basters” praat.
> As ek nou so terugdink, begin ek glo dat ons daar in
> die Noordkaap nie so patologies neergesien het op gemeng-
> de bloed nie. Die vroedvrou wat my in die lewe gebring het
> (op ‘n tyd toe die dokter net geroep is vir uitsonderlike ge-
> valle), was ‘n aristokratiese, gerespekteerde vrou, opgelei
> deur die distriksgeneesheer en dus deel van die lokale
> gesondheidsstruktuur. Dit was bekend dat sy in haar agter-
> grond Kleurlingbloed gehad het, maar dit het vir niemand
> saak gemaak nie. En sy het die mooiste blomtuin gehad.
> Daarin was daar die enigste katjiepieringboom in ons hele
> omtrek. So in my kindergemoed was die geur van die
> katjiepierings gemeng met die wete van die eksotiese bloed
> in haar are en die respek vir haar professionele status in die
> gemeenskap.
>
> Gloudina Bouwer
>
'n Redakteur van 'n bekende afrikaanse dagblad het op 'n stadium die volgende
'uitroep' in sy redaksionele komentaar gebruik - OHOPOHO en na die bostaande
kan ek net uit volle bors uitskreeu -
OHOPOHO!
Lou
PS. Vir diegene wat nie weet wat dit beteken nie .. ' O Hou Poepol Hou! '.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6865 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Do, 25 Julie 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jan F.E. Cilliers: TROU, vers 3:
"Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
in die taal uit haar vrome mond geleer,
en die bastergeslag
in sy siel verag,
wat, haar verstotend, hulself kleineer."
Gloudina se kommentaar oor bg. stuk vind ek baie interessant,
ook Lou se hewige reaksie.
Die gedig word vir my nou al mooier, en as dit sulke reaksie
uitlok onder julle, dan seg dit mos juis iets oor die Afrikaner.
Dit lyk my Lou wil he Gloudina (die baster-Afrikaner-Kanadees?)
moet liewer haar bek hou oor die Afrikaner,
want sy bevind haar buite die laer ?
Ek persoonlik het 'n ewige hekel aan hoe Afrikaans vermeng en deur
afrikaners (in SA) deur hul gat getrek word.
Ek (die baster-Afrikaner-Australier?) en my vrou en kinders, handhaaf
ons Taal beter hier in afsondering in die buiteland as baie van julle in
S.A. (Ek gaan nog 'n groot brief hieroor pos).
Maar taal-vermenging en ras-vermenging verskil:
Ek is nie 'n apologeet vir die Afrikaner nie, en die gedweep
oor die Aboriginees, Boesmans, Rooihuide ens. deur die "Polities-korrektes"
gee my 'n pyn. MAAR dit is 'n feit dat ras-vermenging in SA gepaard
gegaan het met ongelooflike diskriminasie. Selfs op skool was daar 'n
ewige gefluister oor kinders met kroeshare ens.
Onlangs het 'n pragtige boek verskyn. (Julle MOET dit lees):
"Die Dagsterwals" deur Johnita Le Roux (Human & Rossouw)
Dit gaan oor die omswerwinge van 'n baster-vrou wat op 'n plaas grootword
in die huis van die blanke boer. Baie aangrypend.
Riaan Malan (Die baster-Afrikaner-Amerikaner) joernalis, het 'n geweldig
interessante artikel geskryf (in De Kat?) oor 'n ou vrou in Kenya,
wat nou stoksiel-alleen tussen swartes bly. Sy is uitgewerp nadat sy met
'n swarte getrou het. Sy was deel van 'n groep Afrikaners wat noord
getrek het.
Maar om terug te kom tot eersgenoemde kwessie.
Ek dink die Afrikaner se laer-trek houding o.a. teenoor "verbastering",
het ontstaan as 'n rasionele verdedigingsmeganisme vir oorlewing.
Want vanaf Europa, deur die oorloe met Swartes en daarna die Engelse,
moes hy laer trek teen 'n aanslag op sy godsdiens, Taal en kultuur.
Ek vind geen fout hiermee nie. MAAR..
hierdie meganisme het egter daarna, op 'n baie lelike en
onnodige wyse besit van hom geneem, en die gevolg daarvan was Apartheid.
En dit was iets verskrikliks.
Vriendelike Groete
Weet julle hoekom Afrikaanse meisies die mooiste in die wereld is?
Dis oor daai bietjie gemengde bloed...
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6866 is 'n antwoord op boodskap #6858] |
Do, 25 Julie 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lour...@hipsys.co.za wrote:
<<>Gloudina het weer volgende te se^ gehad oor Jan F.E. Cilliers se gedig:
>>
>> Oor die strofe:
>> Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
>> in die taal uit haar vrome mond geleer,
>> en die bastergeslag
>> in sy siel verag....en so aan...>>>
1. Ek bly in Suid-Afrika en stem 100 persent saam met Gloudina.
Dit is by the way nie 'n gedig hierdie nie. Dis 'n rymelende
borsslanery. Baie soos die Haka wat die All Blacks doen voor rugby.
2. Bedoel jy as iemand nie in Suid-Afrika woon nie, kan of mag hy
of sy nie 'n Afrikaner wees nie?
Moenie twak praat nie swaer.
(Dalk is dit reg dat jy die OHOPO aanhaal. Volgens vertelling kom
dit van Sir Pierre van Ryneveld af wat 'n crash landing met sy
vliegtuig gedoen het en dit geskreeu het toe hy die grond getref het.)
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6867 is 'n antwoord op boodskap #6858] |
Do, 25 Julie 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lou skryf:
> By gebrek aan iets beter 'BULLSHIT!'.
Ag nee, Lou, jy sou nou Jan Celliers se hart
gebreek het met jou basterwoordgebruik. Is
"Bullshit" nou die taal wat jy uit jou moeder
se mond geleer het? Ek ken ten minste drie
goeie Afrikaanse woorde wat baie meer gepas
sou wees vir wat jy wil uitdruk. Los die ou
Engels tog maar 'n bietjie uit. Is die idee nie
dat ons Afrikaans vir jou nageslag moet red
nie?
Gloudina
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6868 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Do, 25 Julie 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> Jan F.E. Cilliers: TROU, vers 3:
>
> "Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
> in die taal uit haar vrome mond geleer,
> en die bastergeslag
> in sy siel verag,
> wat, haar verstotend, hulself kleineer."
>
> Gloudina se kommentaar oor bg. stuk vind ek baie interessant,
> ook Lou se hewige reaksie.
Hewige reaksie .. 'BULLSHIT!' ... - het jy alles gelees wat ek geskryf het? -
dit is 'n loutere klomp BU.. ag ek meen bog, wat ek uit my duim gesuig het, in
reaksie op Gloudina se skrywe met my tong ferm in die kies. As dit enigsins
'sense' maak sal ek baie verbaas wees!
> Die gedig word vir my nou al mooier, en as dit sulke reaksie
> uitlok onder julle, dan seg dit mos juis iets oor die Afrikaner.
> Dit lyk my Lou wil he Gloudina (die baster-Afrikaner-Kanadees?)
> moet liewer haar bek hou oor die Afrikaner,
> want sy bevind haar buite die laer ?
Nee, dit is net dat ek nou hartlik gatvol is van mense wat elke keer die
Afrikaner as 'n groep wil laat boet vir die sondes van apartheid, dit is asof
Apartheid en die Afrikaner se albatros is en altyd sal bly, en ek haal aan uit
haar kommentaar ...
' .....In alle geval, die tot onlangs patologiese haat (en dus
vrees) vir verbastering by die Afrikaner,..... '
Die Afrikaner, die sogenaamde sondebok vir apartheid, is opgemaak uit 'n
menigte groepe vanaf ou Jaap en Carel Boshoff se Volkstaat groep tot die
Yuppies wat met hul blink BMW's wat bedags by die werk net Engels praat. So
hoekom ons almal soos skape in 'n hok staan en jaag, Swart verf met dieselfde
kwas (oeps miskien verkeerde kleur keuse :) ), sien die aanhaling. Ek het 'n
kleintjie dood aan mense wat altyd veralgemeen, mense in groepe plaas, veral
as ek in een van daai groepe is en kritiek kry ;) . Die Blanke het apartheid
bedryf, en daarby gebaat, en as die PATOLOGIESE HAAT nou rerig bestaan sou
daar nie lankal 'n BOSNIE of BIAFRA or RWANDA hier aan die Suid Punt van
Afrika gewees het nie.
Verstaan my mooi, ek het niks teen enigiemand wat oorsee gaan om watter rede
ook al nie (Ek het self al die moontlikheid ondersoek en sal gegewe die regte
geleentheid dalk self gaan), maar om nou daar ( dieselfde vir die ou
spulletjie hier in Suid Afrika rond) te sit met 'n stralekransie en Engele
Vlerkies en meewarig die kop te skud oor die 'Afrikaner' en al sy apartheid
vergrype is 'n bietjie dik vir 'n daaler. Wat van die ander sogenaamde blanke
groepe wat ook maar te lekker geleef het uit die vrugte van apartheid.
Beide jou en Gloudina se kommentaar is heel toepaslik re. die Baster kwessie
maar die gedig moet in die konteks van die tyd waarin dit geskryf is gelees
word.
> Ek persoonlik het 'n ewige hekel aan hoe Afrikaans vermeng en deur
> afrikaners (in SA) deur hul gat getrek word.
> Ek (die baster-Afrikaner-Australier?) en my vrou en kinders, handhaaf
> ons Taal beter hier in afsondering in die buiteland as baie van julle in
> S.A. (Ek gaan nog 'n groot brief hieroor pos).
Ja maar vir hoe lank? Selfs die groot groep Afrikaners wat na Suid Amerika
verhuis het kon skaars hul taal vir die eerste geslag handhaaf in spyte
daarvan dat hulle in 'n groep saamgeleef het en nog sterk familie bande met
Suid Afrika gehad het.
> Maar taal-vermenging en ras-vermenging verskil:
> Ek is nie 'n apologeet vir die Afrikaner nie, en die gedweep
> oor die Aboriginees, Boesmans, Rooihuide ens. deur die "Polities-korrektes"
> gee my 'n pyn. MAAR dit is 'n feit dat ras-vermenging in SA gepaard
> gegaan het met ongelooflike diskriminasie. Selfs op skool was daar 'n
> ewige gefluister oor kinders met kroeshare ens.
Hoe lank laas was jy hier? Ek dink jy sal vind dinge het baie verander - meer
as wat enigiemand 6-7 jaar gelede sou kon voorspel het. Jy sien jy blameer
weereens die Afrikaner ...
> Onlangs het 'n pragtige boek verskyn. (Julle MOET dit lees):
>
> Knip ..
> Knip
>
> Maar om terug te kom tot eersgenoemde kwessie.
> Ek dink die Afrikaner se laer-trek houding o.a. teenoor "verbastering",
> het ontstaan as 'n rasionele verdedigingsmeganisme vir oorlewing.
> Want vanaf Europa, deur die oorloe met Swartes en daarna die Engelse,
> moes hy laer trek teen 'n aanslag op sy godsdiens, Taal en kultuur.
> Ek vind geen fout hiermee nie. MAAR..
> hierdie meganisme het egter daarna, op 'n baie lelike en
> onnodige wyse besit van hom geneem, en die gevolg daarvan was Apartheid.
> En dit was iets verskrikliks.
Sien jy blameer weereens die Afrikaner vir die hele Apartheid - as jy bedoel
Blanke skryf dit, nie Afrikaner nie!
> Vriendelike Groete
>
> Weet julle hoekom Afrikaanse meisies die mooiste in die wereld is?
> Dis oor daai bietjie gemengde bloed...
>
>
>
Ok, dit is moontlik, besig om te vis of wat sê ek alles :)
Lekker debat die,
Cheers
Lou.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6873 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Vr, 26 Julie 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
<<<Lou skryf ek blameer die Afrikaner vir Apartheid.
> Kyk, jy het 'n goeie punt beet, my gedagtes was seker te veel by
> Afrikaner en Afrikanerskap ens.
> Apartheid moet baie beslis nie net voor die deur van die Afrikaner
> gele word nie. ....>>>>
Dit is baie waar dat ernstige, negatiewe diskriminasie oral voorkom en
oral ewe boos is.
Dit is waar dat die Engelse in Suid-Afrika nie alleen teen die
Afrikaners gediskrimineer het nie, maar nog meer teen die swart mense.
Dit is waar dat mynkampongs en so meer deur die Engelse begin is en
dat die hewigste slag grondonteiening teen swart mense lank voor 1948
gedoen is.
MAAR: Daar is 'n verpligting op ons om eerlik te wees en hard te kyk.
Afrikaners het die bogenoemde dinge van die Engelse nie juis beveg
nie. Meerendeels deelgeneem en dit ondersteun.
So is ons "in on the act" toe alles begin het.
En dan die verdoemendste: Na 1948 het ons niks gedoen om dit reg te
stel nie.
Om die waarheid te se, ons het dit uitgebou.
Waar die Engelse die swart mense laat begaan het in die algemeen waar
dit gekom het by dinge soos skole, opvoeding, waar hulle woon en werk
(hulle het hulle eenvoudig net nie by hulle instellings toegelaat nie,
maar vrede gehad as die swart mense hul eie instellings begin of
probeer begin het) het ons, die Afrikaners die swart mense se pogings
ongedaan gaan maak met geweld.
Ons het besluit hulle moet werkers wees en Bantoe-onderwys op hulle
afgedwing. Hulle het baie duidelik op allerlei maniere gese hulle wil
dit nie he nie.
Ons het besluit hulle MAG nie in ons omgewing woon nie en het hulle
daar gaan uitgooi met geweld.
Apartheid het onder ons hande sy dodelike en mees weersinswekkende
beslag gekry en ons het hom sy naam gegee. Nadat ons hom doelbewus
geformuleer het.
Dit is ons skuld bowe almal, hoewel andere ook deel gehad het.
Maar dit is nou verby.
Ons bou nou aan 'n nuwe beeld vir onsself.
As ons die verlede wegpraat en rasionaliseer tot op die punt waar ons
groot stukke waarheid eenvoudig begin miskyk, gaan ons weer - die keer
op 'n ander manier - verkeerd loop.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6874 is 'n antwoord op boodskap #6858] |
Vr, 26 Julie 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Koos haal verkeerdelik ann:
> lour...@hipsys.co.za wrote:
>
>
> gedig:
>>>
>>>
>>> Oor die strofe:
>>> Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
>>> in die taal uit haar vrome mond geleer,
>>> en die bastergeslag
>>> in sy siel verag....en so aan...>>>
>
> 1. Ek bly in Suid-Afrika en stem 100 persent saam met Gloudina.
> Dit is by the way nie 'n gedig hierdie nie. Dis 'n rymelende
> borsslanery. Baie soos die Haka wat die All Blacks doen voor rugby.
>
Nou wat is jou definisie van 'n gedig dan?
> 2. Bedoel jy as iemand nie in Suid-Afrika woon nie, kan of mag hy
> of sy nie 'n Afrikaner wees nie?
> Moenie twak praat nie swaer.
>
Waar sê ek dit, jou ou onderwysers sal baie ongelukkig met jou wees!!! Koos
jy lees nie wat daar geskryf staan nie! Jy is die een wat die twak praat ou
broer
Ek het gesê '...Al weer die Afrikaner - jy sit daar ver
oorsee in anner land en elke keer as jy iets skryf is dit weer die Afrikaner
dit en die Afrikaner dat - miskien lei jy onder skuldgevoelens ontspringend
uit die lank gekoesterde en ingeteelde vrees dat .... ' nou as dit sê wat jy
in (2) beweer dan verstaan ek nie meer my eie taal nie!
Laat ek dit nou weer herhaal - Daardie stuk wat ek daar geskryf het is,
behalwe vir die bostaande aangehaalde stukkie 'n loutere spul tos is! Ek het
dit uit my duim gesuig en gemeng met die gewone ou spul kaf wat mense aanhaal
as hulle op hulle Afrikaner-Bashing Seepkissie spring daarin gemeng.
Cheers
Lou
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6875 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Vr, 26 Julie 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lour...@hipsys.co.za wrote:
<<>Nou wat is jou definisie van 'n gedig dan?>>>
Van Winternag deur Van Wyk Low en Opperman en Eybers tot verby Breyten
is daar baie voorbeelde.
>>>Ek het gese^ '...Al weer die Afrikaner - jy sit daar ver
> oorsee in anner land en elke keer as jy iets skryf is dit weer die Afrikaner
> dit en die Afrikaner dat - miskien lei jy onder skuldgevoelens ontspringend
> uit die lank gekoesterde en ingeteelde vrees dat .... ' nou as dit sê wat jy
> in (2) beweer dan verstaan ek nie meer my eie taal nie! >>>
Daar is 'n BAIE sterk insinuasie dat omdat sy in 'n ander land is is
dit die rede dat sy so kritiseer.
En die gees van die stuk is duidelik ontstoke OMDAT sy die Afrikaner
kritiseer - m.a.w. jy tackle haar nie oor haar argument nie, maar
OMDAT sy oorsee sit en OMDAT sy kritiseer.
My onderwysers het my geleer dat een plus een twee is.
Maar ek aanvaar jou ontkenning.
Dan lyk dit my jy se Afrikaners mag nie ander Afrikaners kritiseer
nie?
Dis nog groter twak.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6876 is 'n antwoord op boodskap #6868] |
Vr, 26 Julie 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lou skryf ek blameer die Afrikaner vir Apartheid.
Kyk, jy het 'n goeie punt beet, my gedagtes was seker te veel by
Afrikaner en Afrikanerskap ens.
Apartheid moet baie beslis nie net voor die deur van die Afrikaner
gele word nie. Dit sou beter gewees het as ek gese het dat
die meeste blanke Suid Afrikaners dit ondersteun het of daarmee
saamgegaan het.
(Ek wonder of dit nie eintlik die Engelse is wat daarmee begin het nie).
Maar die (meeste) Afrikaner(s) het hulle darem vreeslik toegewy
daaraan ook. Baie van ons het net werk daarvan gemaak, ons moue opgerol,
dit in die wetboek geskryf, dit by sy naam genoem,
en nie doekies omgedraai daaroor nie. (tipies Afrikaner?),
Afrikaners veral, doen eintlik die boete vir 'n sonde wat die hele
wereld beoefen. Dit maak dit natuurlik nie minder sleg nie,
en die hele wereld voel beter dat iemand boet daaroor,
want dit laat hul apartheidsondes minder lyk, ons verontskuldig hulle.
Die Duitsers doen dit met die Turke, die Amerikaners met die negers,
die Australiers en Kanadese met die immigrante en inboorlinge ens.ens ens.
Ek wonder dikwels as ek soveel (subtiele en minder subtiele)
diskriminasie hier in Australie sien: Hierdie mense het van die hoogste
lewensstandaarde in die wereld, hier is geen armoede of politieke
probleme in vgl.met Afrika of ander verskille nie,
As hierdie mense diskrimineer (al is dit op meer subtiele wyse),
hoeveel meer sou hul nie in Afrika diskrimineer nie?
In kort: Hier is niks om oor te verskil nie, omtrent almal is blank
en welaf hier. En tog diskrimineer baie van hulle.
Hulle diskrimineer veral teen "Abbo's" (Aboriginees) en "Slanties"
of "slant-eyes" (asiatiese) immigrante of "Wogs".
En ook in die algemeen, nie soseer op grond van velkleur nie
maar op grond van jou aksent.
Want as jy nie 'n Aussie aksent het nie, of jou eerste taal
is nie Engels nie, bly jy 'n vreemdeling en nie een van hulle nie.
Een Europese immigrant hier (sy werk verloor omdat hy kamma nie
kon "aanpas" nie), het al aan my gese dat hy wens hier was openlik
apartheid soos in SA, dan het hy tenminste geweet waar hy staan.
As immigrant (en veral as Suid Afrikaner) moet mens natuurlik liewer
jou bek hieroor hou, want wie is jy (vlgs hulle) om nou te praat?
En ek het al gehoor dat baie mense wat na SA emigreer,
in die grootste rassiste denkbaar verander:
want skielik is alles anders - hulle is in die minderheid,
hulle voel hul gemaklike Westerse kultuur word bedreig,
en die verskil in Kultuur is soos dag en nag, en nie iets louwarm
soos hier nie, en almal praat nie net Engels nie.
Want die Australiers dink dat omdat hulle 'n mengelmoes
van immigrante het en "Multicultural" is,
dat hulle hulself kan verontskuldig en op die skouer kan klop.
"Multi" en "Cultural" se gat.
Hier is 'n Kosmopolitaanse mengelmoes van immigrante, wat drupsgewys
hier aankom, maar geen groot kultuurgroepe met 'n ander taal of
godsdiens wat verskille kan veroorsaak nie.
S.A en Singapoer bv. is werklik "Multi-cultural".
In der waarheid het jy hier 'n grotendeels mono-kultuur, 'n eentalige,
hedonistiese, sekulere, gemeenskap waar immigrante in 'n groot
smeltpot verdwyn en iets middelmatigs en sonder karakter uitkom.
(Hoe verlang ek na koljander en die wonderpeper!)
(en kan ek asb my groente en wors apart kry...)
Die grootste gemene deler loop op oppervlakkige gemeensaamhede uit.
Jy mag jou immigrant taal nie by die werk praat nie,
daar word verwag dat jy jou kinders Engels moet leer,
(ek is al bitter kwalik geneem oor ek ons kinders Afrikaans leer),
en onder soortgelyke druk, verdwyn jou kultuur binne een geslag.
Verder is almal so daarop ingestel om in gemak te leef
en geld te maak dat hulle hul kultuur so gou as moontlik wegsmyt.
(So ook met die Yuppies in SA).
Want dit is nou maar net so dat hoe gouer jy die ander "kultuur"
of "wereldkultuur" aanneem, hoe beter jy hul taal praat
en hoe gouer jy jou aksent afleer,
hoe beter gaan dit (materieel?) met jou.
As jy nie wil aanpas nie, moet jy maar teruggaan huis toe.
En hiervoor kan jy nie die Australiers kwalik neem nie.
(Hulle seg maklik "Go Home!" as jy begin kritiseer, en nie aanpas nie)
Die punt is natuurlik dat nie almal uit vrye keuse trek nie.
Ek staan met my een been in Australie,
my ander been in SA, en my ballas hang in die (koue) oseaan.
Ek bly lekker hier, maar waar HOORT ek?
Groete
NS: Ek hoop nou nie ek het weer mense/nasionaliteite en kulture
in die gesig gevat nie. Dit klink maar net so.
Ek veralgemeen dikwels ter wille van die argument.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6889 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Ma, 29 Julie 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Koos heb gezegt:
>> oorsee in anner land en elke keer as jy iets skryf is dit weer die Afrikaner
>> dit en die Afrikaner dat - miskien lei jy onder skuldgevoelens ontspringend
>> uit die lank gekoesterde en ingeteelde vrees dat .... ' nou as dit sê wat jy
>> in (2) beweer dan verstaan ek nie meer my eie taal nie! >>>
>
> Daar is 'n BAIE sterk insinuasie dat omdat sy in 'n ander land is is
> dit die rede dat sy so kritiseer.
> En die gees van die stuk is duidelik ontstoke OMDAT sy die Afrikaner
> kritiseer - m.a.w. jy tackle haar nie oor haar argument nie, maar
> OMDAT sy oorsee sit en OMDAT sy kritiseer.
> My onderwysers het my geleer dat een plus een twee is.
>
> Maar ek aanvaar jou ontkenning.
> Dan lyk dit my jy se Afrikaners mag nie ander Afrikaners kritiseer
> nie?
>
> Dis nog groter twak.
Kritiek is goed, maar dan moet jou kritiek goed gefundeerd wees, en as jy in
SA woon sal jy self weet dat dinge op die oomblik so vinnig verander dat dit
nie help om CNN te kyk, sensasie soekende koerante te lees en dan hogere,
argaiese uitsprake te lewer nie. Moet nou nie weer sê ek sê Afrikaners kan
nie Afrikaners kritiseer nie, ek sê net jou kritisisme moet op feite gebaseer
wees, nie op iets wat tien-twintig jaar gelede gebeur het nie! Dit is
belangrik dat kritiek gelewer word maar nie in die PW Botha vingerswaai metode
nie. ( Wie kan Pieter Dirk Uys se 'skit' vergeet :) ).
Cheers
Lou
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6890 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Ma, 29 Julie 1996 00:00 |
Julius Bergh
Boodskappe: 111 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
> Weet julle hoekom Afrikaanse meisies die mooiste in die wereld is?
> Dis oor daai bietjie gemengde bloed...
Ag nee man! Jy nostalgia is nou hoe"r as jou oordeelsvermoe".
Wanneer laas was jy op Bondi strand ?
Terloops "galjoen", wat is jou naam ? Visser ? :-) Wat doen jy by
IBM ? Ek is Frydag in Sydney by IBM.
jbe...@onthenet.com.au
http://www.onthenet.com.au/~jbergh
32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
Phone: 61 7 55960462
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6891 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Ma, 29 Julie 1996 00:00 |
Anonymous
Boodskappe: 24 Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> lour...@hipsys.co.za wrote:
>
><<>Nou wat is jou definisie van 'n gedig dan?>>>
>
> Van Winternag deur Van Wyk Low en Opperman en Eybers tot verby Breyten
> is daar baie voorbeelde.
>
Dit lyk vir my of Koos vir 'n definisie gevra het, nie voorbeelde nie.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6892 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Ma, 29 Julie 1996 00:00 |
kuy...
Boodskappe: 10 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
lourens skryf:
>> Ek het gesê '...Al weer die Afrikaner - jy sit daar ver
>> oorsee in anner land en elke keer as jy iets skryf is dit weer die
>> Afrikaner dit en die Afrikaner dat ....
> Kritiek is goed, maar dan moet jou kritiek goed gefundeerd wees, en as
> jy in SA woon sal jy self weet dat dinge op die oomblik so vinnig
> verander dat dit nie help om CNN te kyk, sensasie soekende koerante te
> lees en dan hogere, argaiese uitsprake te lewer nie.
Ek woon nie in Suid-Afrika nie, maar het ook al ondervind dat wanneer jy
hier met iemand gesels wat voor ons weg is, hulle persepsies van die
plek soms die pot missit!
As ek ook 'n eiertjie mag le(ai die kappies!), kultuur bestaan uit meer
komponente as net die taal. Jou omgewing speel ook 'n rol. Soos in
watter provinsie jy woon, of jy in die stad of op die platteland is,
ens. ens.
Ons het Engelssprekende Suid-Afrikaanse vriende hier wat kliphard besig
is om boerewors, mieliepap en koeksisters aan die Kanadese bekend te
stel. Hulle beskou dit nou as deel van hulle kultuur!
In Kanada het die immigrante wel 'n probleem om werk te kry. "Lacking
Canadian experience", is gewoonlik die verskoning. Subtiele
diskriminasie dus.
Hier geld eweneens multikulturalisme en politieke korrektheid word ook
aangemoedig. Dit klink vir my of die Kanadese dalk meer subtiel kan wees
as die Australiers (dis nou seker veralgemening).
Ons het nog net belangstelling gehad vir ons aksent wat niemand kan plaas
nie. Veral wanneer my kinders se aksent van my eie verskil! Hulle klink
blykbaar meer British, terwyl my Afrikaans-Engelse aksent as Hollands
afgeskryf word.
Groetnis,
Griet.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6900 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Di, 30 Julie 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lour...@hipsys.co.za wrote:
<<>Koos heb gezegt:
>>
>> <<>Nou wat is jou definisie van 'n gedig dan?>>>
>>
>> Van Winternag deur Van Wyk Low en Opperman en Eybers tot verby Breyten
>> is daar baie voorbeelde.
>>
>Kak Koos Kak, Winternag - Deur Wie?????>>>>
Het jy gespring toe jy dit getik het?
Die "deur" moet jy lees NIE as "deur wie geskryf" nie maar as "van
punt een af (reg)deur tot by punt twee"
Soos: Van Mosselbaai deur tot by PE het ou AT gehyg en gevloek.
NIE soos: Mosselbaai deur die digter At nie.
<<>Arme ou Eugene Marais hardloop nou seker soos 3000 omwentelinge daar in sy
>graf? Asseblief man as jy oor Afrikaanse poesie wil skryf maak seker van jou
>feite!!! >>>
Klaar verduidelik hierbo.
En jy kan gerus seker maak van jou dee"ltekens, of hoe?
<<>Kritiek is goed, maar dan moet jou kritiek goed gefundeerd wees, en as jy in
>SA woon sal jy self weet dat dinge op die oomblik so vinnig verander dat dit
>nie help om CNN te kyk, sensasie soekende koerante te lees en dan hogere,
>argaiese uitsprake te lewer nie. >>>>
Ek woon in Suid-Afrika, ja.
Wat probeer jy se^?
<<Moet nou nie weer se^ ek se^ Afrikaners kan
>nie Afrikaners kritiseer nie, ek se^ net jou kritisisme moet op feite gebaseer
>wees, nie op iets wat tien-twintig jaar gelede gebeur het nie! Dit is
>belangrik dat kritiek gelewer word maar nie in die PW Botha vingerswaai metode
>nie. ( Wie kan Pieter Dirk Uys se 'skit' vergeet :) ).>>>
OK, helder dan vir my op vir wie dit nou presies was dat jy so kwaad
geword het?
Jy was duidelik kwaai omdat daar gekritiseer was.
Dis nie mense in die buiteland vir wie jy kwaai was nie, se^ jy.
Ook nie Afrikaners wat Afrikaners kritiseer nie.
Wat bly oor?
Die feit dat Gloudina 'n vrou is!?
Indien nie, se^ asb. hoekom die kritiek jou so kwaad gemaak het!
(Sommer net kritiek in die algemeen, dalk?)
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6901 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Di, 30 Julie 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Julius Bergh skryf:
> Terloops "galjoen", wat is jou naam ?
'n skuilnaam is beter, want ek is bang die SA vuiligheidspolisie
is nog agter my aan... Noem my Gal, want ek kritiseer altyd alles.
(oor ek seg ons afrikaanse meisies is so mooi):
> Ag nee man! Jy nostalgia is nou hoe"r as jou oordeelsvermoe".
> Wanneer laas was jy op Bondi strand ?
Goddank lank laas! Daar ek erken daar hang soms iets uit ja.
Maar gewoonlik hang daar meer toeriste (in klere) rond wat kom "kyk".
Ook dryf daar onaangename goed in die water rond as die wind sleg waai.
(Sydney se rioolpyp loop daar naby in die see)
(vir die van julle wat nie weet nie,
dit is Australie se beroemdste strand)
Sondag oggend le die strand vol (dwelm) spuitnaalde van saterdagaand.
Vra my as julle belangstel, dan vertel ek julle nog meer van Sydney....
Walglike plek.
My kollegas vertel hulle was 'n ruk terug in 'n hotel in Melbourne.
(Sommige is Australiers, ander Europiers)
Hulle sien toe die mooiste meisies op gods aarde (!) in die hotel.
Toe hulle navraag doen hoor hulle dit is die SA netbalspan.
Ek self het hulle later in 'n vliegtuig gesien. Stem saam.
(ongelukkig nie langs hul gesit nie).
Vergelyk hulle met die Australiese netbalspan...
Vriendelike groete.
PS: ek het ongelukkig niks te doen met IBM nie.
Sal nog kontak maak met jou.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6902 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Di, 30 Julie 1996 00:00 |
Aliki van Heek[2]
Boodskappe: 11 Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , gal...@ibm.net says:
(KNIP)
> Ek staan met my een been in Australie,
> my ander been in SA, en my ballas hang in die (koue) oseaan.
> Ek bly lekker hier, maar waar HOORT ek?
>
Galjoen, dit is 'n baie interessante bydrae. Dit klink of jy eintlik nie
baie gelukkig in Australie is nie. Kan jy ons vertel hoekom jy is na
Australie ge-emigreer, en of jy inderdaad teleurgestel is na 'n aantal
jare?
Ek dink dit sal interessant wees vir hierdie nuusgroep, omdat nou baie
Suid-Afrikaners dink oor emigrasie na Australie.
Aliki
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6903 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Di, 30 Julie 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Apartheid het onder ons hande sy dodelike en mees weersinswekkende
> beslag gekry en ons het hom sy naam gegee. Nadat ons hom doelbewus
> geformuleer het.
>
> Dit is ons skuld bowe almal, hoewel andere ook deel gehad het.
>
> Maar dit is nou verby.
> Ons bou nou aan 'n nuwe beeld vir onsself.
>
> As ons die verlede wegpraat en rasionaliseer tot op die punt waar ons
> groot stukke waarheid eenvoudig begin miskyk, gaan ons weer - die keer
> op 'n ander manier - verkeerd loop.
Ek sal graag wil weet wat die Afrikaners nou kan doen wat
dinge weer vir hulle, as Afrikaners, verkeerd sal laat loop.
Die ding wat ek vrees, is dat Afrikaners sal probeer wegsteek
dat hulle Afrikaners is. Ander gedagtes hieroor?
Gloudina
>
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6909 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Wo, 31 Julie 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<>Ek sal graag wil weet wat die Afrikaners nou kan doen wat
> dinge weer vir hulle, as Afrikaners, verkeerd sal laat loop.
> Die ding wat ek vrees, is dat Afrikaners sal probeer wegsteek
> dat hulle Afrikaners is. Ander gedagtes hieroor?>>>
Ja. Dit wegsteek.
Dan ook: Die verlede ontken en maak asof hulle nooit apartheid
ondersteun het nie en nie in baie gevalle produkte van
Afrikaner-regstellede aksie is nie.
En: Hulle afsluit van die Nuwe Suid-Afrika en vieserig daarna kyk in
plaas van meedoen en help bou.
En: Aanhoudend soek en hyg na 'n tuisland waar hulle weer swartes
kan opdonder en wegjaag. Daar is nie so 'n plek nie. Daar gaan nie
so 'n plek wees nie. Die soeke na so 'n plek is vernietigend.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6910 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Wo, 31 Julie 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
<<>Vra my as julle belangstel, dan vertel ek julle nog meer van Sydney....
> Walglike plek.>>>
Vertel meer asb. Ek het altyd verneem dit is die nuwe hemel.
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6926 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Vr, 02 Augustus 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Koos se kommentaar:
writes:
> iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>
> > dinge weer vir hulle, as Afrikaners, verkeerd sal laat loop.
>> Die ding wat ek vrees, is dat Afrikaners sal probeer wegsteek
>> dat hulle Afrikaners is. Ander gedagtes hieroor?>>>
>
> Ja. Dit wegsteek.
> Dan ook: Die verlede ontken en maak asof hulle nooit apartheid
> ondersteun het nie en nie in baie gevalle produkte van
> Afrikaner-regstellede aksie is nie.
> En: Hulle afsluit van die Nuwe Suid-Afrika en vieserig daarna kyk in
> plaas van meedoen en help bou.
> En: Aanhoudend soek en hyg na 'n tuisland waar hulle weer swartes
> kan opdonder en wegjaag. Daar is nie so 'n plek nie. Daar gaan nie
> so 'n plek wees nie. Die soeke na so 'n plek is vernietigend.
>
>
Onlangs in 'n tydskrif gelees van Willie Esterhuysen wat die volgende te sê
het
- Met 'n Engelse vrou getroud en stuur sy kinders na 'n Engelse skool
( dit gebeur al meer en meer - kyk net al die Engelse Swarts, van
der Merwe's ens. ) Dit is die wereld taal en as jy werklik omgee
sal jy meer oor jou kinders se toekoms omgee as oor 'n taal
sê hy. As jy nou mooi gaan sit en dink is dit waar, hard maar
waar.
- Hy sê hy het eers hier op dertig polities bewus geword en nou moet hy
askies vra vir apartheid!. Ek stem volmondig met hom saam - Jy kry twee tipes
mense - die ouens wat op universiteit of kollege of waar ook al die 'Status
Quo' uitdaag,
aanvat (reg of verkeerd maar rebeleer sal hule), aan politieke partye behoort.
En dan is daar ouens soos ek - lewe volgens die status quo, speel rugby ens.
Ek het nie apartheid ondersteun nie, alhoewel ek hierdie ding in my agterkop
gehad het dat dit verkeerd is het ek my nie juis daaraan gesteur nie. Ons is
eers later wakkergeskud, toe die hele ding in ons gesigte begin
ontplof het. Aprtheid was daar en dit kan nie weggeredeneer word nie, maar
ek gaan nie askies vra dat ek wit is en in 'n sisteem ingebore is nie.
Stel jou in die posisie van 'n blanke afrikaans sprekende
matrikulant. Persentasies van minder as 8% word genoem vir genoem vir die wat
werk in die formele sektor sal kry. Verder studeer - regstelende aksie -
sy kans om 'n beurs te kry is bitter skraal (NUL!) Is dit sy skuld dat hy wit
en afrikaans gebore is, moet hy nou ekskuus vra dat hy deur apartheid
bevoordeel is?
Nuwe Suid Afrika - spring op die soustrein - laat ons gaan! As jy dit nie
doen nie en hogere morele uistprake maak vanaf die kantlyn - gaan die trein
uit die stasie vertrek sonder jou. (EK SPOT NET KOOS!!!)
Cheers
Lou
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6933 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
So, 04 Augustus 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Ek het nie apartheid ondersteun nie, alhoewel ek hierdie ding in my agterkop
> gehad het dat dit verkeerd is het ek my nie juis daaraan gesteur nie. Ons is
> eers later wakkergeskud, toe die hele ding in ons gesigte begin
> ontplof het. Aprtheid was daar en dit kan nie weggeredeneer word nie, maar
> ek gaan nie askies vra dat ek wit is en in 'n sisteem ingebore is nie.
> Stel jou in die posisie van 'n blanke afrikaans sprekende
> matrikulant. Persentasies van minder as 8% word genoem vir genoem vir die wat
> werk in die formele sektor sal kry. Verder studeer - regstelende aksie -
> sy kans om 'n beurs te kry is bitter skraal (NUL!) Is dit sy skuld dat hy wit
> en afrikaans gebore is, moet hy nou ekskuus vra dat hy deur apartheid
> bevoordeel is?
>
> Nuwe Suid Afrika - spring op die soustrein - laat ons gaan! As jy dit nie
> doen nie en hogere morele uistprake maak vanaf die kantlyn - gaan die trein
> uit die stasie vertrek sonder jou. (EK SPOT NET KOOS!!!)
>
> Cheers
> Lou
>
Aaa, Affirmative Action. Laat ons nou 'n bietjie
na die konsep kyk.
Voor 1948 was daar die oorname van ander mense
se land deur die Britte. Daardie ander mense was onder
meer 80% swart EN BRUIN, mense wat tot en met
die laaste dekade van die 20ste eeu geen kans gehad
in hulle eie land nie. Sommige van hul wit landgenote
het egter begin terugveg. Die Broederbond het tot stand
gekom. Maar die Broederbond self het begin diskrimi-
neer teen daardie Afrikaners wat nie met hulle saamge-
stem het nie. In die Universiteit van Stellenbosch was
daar alreeds voor 1948 'n geveg tussen die twee groepe
Afrikaners. Die Afrikaners wat nie van die Broederbond
gehou het nie, het uiteindelik verloor. Professore is oor-
gesien vir promosie omdat hulle nie aan die Broederbond
behoort het nie. Jong, onrype lektore het professorate
ontvang gebaseer op hulle lidmaatskap van die Broeder-
bond. Dit het later duidelik geword vir enige Afrikaner
watter kant hy moet kies as hy promosie wil he. So die
eerste "Affirmative Action" was juis gepleeg deur sekere
Afrikaners teen hulle mede-Afrikaners.
Ek wil nou nie eens praat van die massiewe "regstel-
lende aksie" na 1948 wat duisende Engelse Afrikaners
hulle promosies gekos het, juis omdat hulle nie Afrikaners
was nie. Ek het nie teveel simpatie met die Engelse in SA
nie. Hulle het hul kans gehad.
En regstellende aksie buite Suid-Afrika! Hoeveel mense
buite Kanada besef watter sosiale en kulturele rewolusie
in Kanada plaasgevind het in die laaste dertig jaar. Hoe in
die laaste drie dekades enigiemand wat in die staatsdiens
vordering wou maak, Frans moes leer praat. Hoe die eerste
ding wat jy nou moet besluit as jy jou kind selfs na die
kleuterskool wil stuur, is of jy hom in "French Immersion"
gaan sit of nie. Ander groepe gaan ook deur diepe waters.
Ek het nie teveel simpatie met die Afrikaners wat so oor
die regstellende aksie kla nie. Dit was "long time coming"
vir hulle swart en bruin broers en susters. Om meer presies
te wees: omtrent drie en 'n half eeue.
Gloudina
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6937 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Ma, 05 Augustus 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lour...@hipsys.co.za wrote:
>Kak Koos Kak, Winternag - Deur Wie?????>>>>
>>
>> Het jy gespring toe jy dit getik het?
>> Die "deur" moet jy lees NIE as "deur wie geskryf" nie maar as "van
>> punt een af (reg)deur tot by punt twee"
>> Soos: Van Mosselbaai deur tot by PE het ou AT gehyg en gevloek.
>> NIE soos: Mosselbaai deur die digter At nie.
>>
> Toe toe ou Koos, as jy 'n fout gemaak het , het jy 'n fout gemaak - erken dit
> nou maar :). Miskien moet jy vir die bokke gaan speel, ons het iemand nodig
> wat so kan systap!! Ha Ha Ha!!>>>
Leer lees, ou Lou, leer lees.....dit help om 'n mens se visie so
effens breer te maak.
<<> Dis nie mense in die buiteland vir wie jy kwaai was nie, se^ jy.
>> Ook nie Afrikaners wat Afrikaners kritiseer nie.
>> Wat bly oor?
>> Die feit dat Gloudina 'n vrou is!?
>> Indien nie, sê asb. hoekom die kritiek jou so kwaad gemaak het!
>>
>> (Sommer net kritiek in die algemeen, dalk?)
>>
>>
> Gloudina is 'n vrou. O nee, askies tog dame ek het nie gemeen om jou aan te
> vat nie.>>>
Soos byvoorbeeld: Een van die sinne hierbo is 'n vraag.
Vind uit wat 'n vraag is, identifiseer die sin wat 'n vraag is en kyk
of jy 'n atwoord kan gee.
(Wat was daai stukkie van die side step nou weer?)
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6938 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Ma, 05 Augustus 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
writes:
> KNIP>> Van Winternag deur Van Wyk Low en Opperman en Eybers tot verby Breyten
>>> is daar baie voorbeelde.
>>>
>
>> Kak Koos Kak, Winternag - Deur Wie?????>>>>
>
> Het jy gespring toe jy dit getik het?
> Die "deur" moet jy lees NIE as "deur wie geskryf" nie maar as "van
> punt een af (reg)deur tot by punt twee"
> Soos: Van Mosselbaai deur tot by PE het ou AT gehyg en gevloek.
> NIE soos: Mosselbaai deur die digter At nie.
>
Toe toe ou Koos, as jy 'n fout gemaak het , het jy 'n fout gemaak - erken dit
nou maar :). Miskien moet jy vir die bokke gaan speel, ons het iemand nodig
wat so kan systap!! Ha Ha Ha!!
> KNIP Dis nie mense in die buiteland vir wie jy kwaai was nie, sê jy.
> Ook nie Afrikaners wat Afrikaners kritiseer nie.
> Wat bly oor?
> Die feit dat Gloudina 'n vrou is!?
> Indien nie, sê asb. hoekom die kritiek jou so kwaad gemaak het!
>
> (Sommer net kritiek in die algemeen, dalk?)
>
>
Gloudina is 'n vrou. O nee, askies tog dame ek het nie gemeen om jou aan te
vat nie.
Wat se tos praat jy nou ou Koos, en waar haal jy die man vs vrou argument uit?
Het jy 'n probleem dat Gloudina 'n vrou is?
Cheers
Lou
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6939 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Ma, 05 Augustus 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In Article<4ths7j$c...@groa.uct.ac.za>, <Anonymous@anonymous.anonymous> writes:
> In article <4tbamn$4...@hermes.is.co.za>, fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> >lour...@hipsys.co.za wrote:
> >
> ><<>Nou wat is jou definisie van 'n gedig dan?>>>
> >
> >Van Winternag deur Van Wyk Low en Opperman en Eybers tot verby Breyten
> >is daar baie voorbeelde.
> >
>
> Dit lyk vir my of Koos vir 'n definisie gevra het, nie voorbeelde nie.
Jammer VMN ek het vir die definisie gevra
Cheers
Lou
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6940 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Ma, 05 Augustus 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In <iz...@igs.net> writes:
>
> > Ek het nie apartheid ondersteun nie, alhoewel ek hierdie ding in my agterkop
> >gehad het dat dit verkeerd is het ek my nie juis daaraan gesteur nie. Ons is
> >eers later wakkergeskud, toe die hele ding in ons gesigte begin
> >ontplof het. Aprtheid was daar en dit kan nie weggeredeneer word nie, maar
> >ek gaan nie askies vra dat ek wit is en in 'n sisteem ingebore is nie.
> >Stel jou in die posisie van 'n blanke afrikaans sprekende
> >matrikulant. Persentasies van minder as 8% word genoem vir genoem vir die wat
> >werk in die formele sektor sal kry. Verder studeer - regstelende aksie -
> >sy kans om 'n beurs te kry is bitter skraal (NUL!) Is dit sy skuld dat hy wit
> >en afrikaans gebore is, moet hy nou ekskuus vra dat hy deur apartheid
> >bevoordeel is?
> >
> >Nuwe Suid Afrika - spring op die soustrein - laat ons gaan! As jy dit nie
> >doen nie en hogere morele uistprake maak vanaf die kantlyn - gaan die trein
> >uit die stasie vertrek sonder jou. (EK SPOT NET KOOS!!!)
> >
> >Cheers
> >Lou
> >
>
> Aaa, Affirmative Action. Laat ons nou ‘n bietjie na die konsep kyk.
> Voor 1948 was daar die oorname van ander mense
> se land deur die Britte. Daardie ander mense was onder
> meer 80% swart EN BRUIN, mense wat tot en met
> die laaste dekade van die 20ste eeu geen kans gehad
> in hulle eie land nie. Sommige van hul wit landgenote
> het egter begin terugveg. Die Broederbond het tot stand
> gekom. Maar die Broederbond self het begin diskrimi-
> neer teen daardie Afrikaners wat nie met hulle saamge-
> stem het nie. In die Universiteit van Stellenbosch was
> daar alreeds voor 1948 ‘n geveg tussen die twee groepe
> Afrikaners. Die Afrikaners wat nie van die Broederbond
> gehou het nie, het uiteindelik verloor. Professore is oor-
> gesien vir promosie omdat hulle nie aan die Broederbond
> behoort het nie. Jong, onrype lektore het professorate
> ontvang gebaseer op hulle lidmaatskap van die Broeder-
> bond. Dit het later duidelik geword vir enige Afrikaner
> watter kant hy moet kies as hy promosie wil he. So die
> eerste “Affirmative Action” was juis gepleeg deur sekere
> Afrikaners teen hulle mede-Afrikaners.
> Ek wil nou nie eens praat van die massiewe ”regstel-
> lende aksie” na 1948 wat duisende Engelse Afrikaners
> hulle promosies gekos het, juis omdat hulle nie Afrikaners
> was nie. Ek het nie teveel simpatie met die Engelse in SA
> nie. Hulle het hul kans gehad.
> En regstellende aksie buite Suid-Afrika! Hoeveel mense
> buite Kanada besef watter sosiale en kulturele rewolusie
> in Kanada plaasgevind het in die laaste dertig jaar. Hoe in
> die laaste drie dekades enigiemand wat in die staatsdiens
> vordering wou maak, Frans moes leer praat. Hoe die eerste
> ding wat jy nou moet besluit as jy jou kind selfs na die
> kleuterskool wil stuur, is of jy hom in “French Immersion”
> gaan sit of nie. Ander groepe gaan ook deur diepe waters.
> Ek het nie teveel simpatie met die Afrikaners wat so oor
> die regstellende aksie kla nie. Dit was “long time coming”
> vir hulle swart en bruin broers en susters. Om meer presies
> te wees: omtrent drie en ‘n half eeue.
>
> Gloudina
>
Aaaaa, Gloudina van die geskiedenis boeke. Kom laat ek jou vertel wat
affirmative action gaan veroorsaak - al die ouens wat kan - gaan oorsee
vertrek. Mense word in posisies aangestel wat hulle nie kan hanteer nie - en
dit het voorheen gebeur - so hier gaan ons al weer met die ou spiraal van
nepostisme, sous trein, omkopery ens ens ens.
Ek gee nie 'n hel om wat in Stellenbosch in 1948 of in Kanada gebeur het
nie. Die ou engelse spreekwoord 'Two wrongs don't make a right' is steeds van
toepassing. As ons aanhou ou koeie opgrawe gaan ons en die engelse ,boere
oorlog, konsentrasie kampe, - zoeloes, bloukrans, Piet Retief - xhosas, grens
oorloe - die Boesmans, oorspronklike bewoners van Afrika voordat hulle
verplaas/uitgemoor is deur die Blanke en swart groepe - Katolieke en
protestante, uitdelg van die Franse hugenote, - Atilla die Hun - wat die
europeers uitgedelg het (hoe ver sal ek nou teruggaan) --- nooit vrede he^
nie. Asseblief laat ons oor NOU praat, hou op teruggaan na 1948,1903,1652 min
van ons was daar, en ons kan die geskiedenis nie verander nie.
Affirmative action sal net weer 'n klomp bitterheid laat opbou, wat vroeer of
later weer 'n backlash sal veroorsaak en dan sal almal weer se^ onthou 1996 -
Affirmative Action - Nou sal ons julle wys! ( presies soos jy nou weer ewe
bitterbek se^ )
Cheers
Lou
PS. Re die olimpiese spele - ek hoor jou nou nie eintlik kla dat bykans al die
aflos spanne swart was nie?
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6946 is 'n antwoord op boodskap #6803] |
Di, 06 Augustus 1996 00:00 |
Aliki van Heek[2]
Boodskappe: 11 Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , lour...@hipsys.co.za says:
>
>
> Affirmative action sal net weer 'n klomp bitterheid laat opbou, wat vroeer of
> later weer 'n backlash sal veroorsaak en dan sal almal weer sê onthou 1996 -
> Affirmative Action - Nou sal ons julle wys! ( presies soos jy nou weer ewe
> bitterbek sê )
>
> Cheers
> Lou
>
Is dit nou werklik so moeilik, mense aan te stel suiwer opgrond van hul
kwalifikasies? Dit is naamlik waar dit om draai, die probleem by julle is
dat baie mense deur Affirmative action vervang word deur minder
gekwalifiseerde. Dit kan nie goed wees voor die organisasie of
besigheid waar hul werk nie.
Ons het in Nederland iets vergelykbaars in 'n baie swakkere vorm: 'n soort
regstellende aksie vir vroue. Dit is nou 'n bietjie verby, maar dit is
politiek baie korrek as mens 'n vrou aanstel in 'n funksie die meestal
deur manne vervul word. Dan gebeur daar die volgende. As die vrou nie
goed is nie, word gou gesê "Sien jy nou, die funksie is nie geskik vir
vroue nie". Ook as die vrou goed is, word haar gesê "Jy het hierdie
aanstelling slegs gekry omdat jy 'n vrou is". Hierdie ondervinding het ek
persoonlik, en ek het dit ook oor swartmense in die VSA gehoor. Wat ek
wil sê, ook vir die mense die die Affirmative Action bevoordeel wil, werk
hy tog nadelig.
Aliki
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME [boodskap #6947 is 'n antwoord op boodskap #6940] |
Di, 06 Augustus 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lour...@hipsys.co.za says...
> Affirmative action sal net weer 'n klomp bitterheid laat opbou, wat vroeer of
> later weer 'n backlash sal veroorsaak en dan sal almal weer sê onthou 1996 -
> Affirmative Action - Nou sal ons julle wys! ( presies soos jy nou weer ewe
> bitterbek sê )
>
> Cheers
> Lou
>
> PS. Re die olimpiese spele - ek hoor jou nou nie eintlik kla dat bykans al die
> aflos spanne swart was nie?
>
Lou,
Nee, dit pla my nie dat al die aflos-spanne
swart is nie. Ek lag my dood daaroor. Eeue
gelede is die voorouers van hierdie mense daar
in Afrika gevang, op skepe gesit wat hulleself
moes roei en na Noord-Amerika en die Karib-
biese eilande gebring. Die ouens wat dit nie kon
maak nie, is dood van ooreising of honger. Net
die sterkstes het die rowwe reis oorlewe. Nou
bewys hulle nasate, soos Jesse Owens daar in
Duitsland in 1936 vir Hitler, dat die swartman
fisies net so suksesvol of nog beter as die wit
rasse is.
Wat my wel met die oorwegende persentasie
wit atlete uit SA gehinder het, was die feit dat
witmense maar net omtrent een-sesde van die SA
bevolking is. En dat daar in die verlede net wit
atlete na die Olimpiese Spele gestuur is.
Jy kla oor die soustreine. Toe ek uit SA is, het
die soustreine vol gesit met Afrikaners, wat in vele
gevalle in posisies was wat hulle ook nie altyd kon
hanteer nie. Nou is daar ander mense op die soustrein.
So what's new? Hier in Kanada is ook soustreine. Hul
noem dit "patronage." Na 'n verkiesing het hulle by-
voorbeeld selfs die kontrakte vir transportry van die
een party se ondersteuners afgeneem en dit aan die
ondersteuners gegee van die party wat die eleksie ge-
wen het. Ek glo dis nou onwettig in meeste provinsies,
maar dit gaan nog onder die tafel aan.
Jy verklaar dat as gevolg van Affirmative Action
"al die ouens wat kan...gaan oorsee." En ek verklaar:
laat hulle. Alleen daardie mense wat hulle land met al
sy inwoners liefhet, en nie net 'n dominante posisie op
die soustrein nie, behoort in SA agter te bly. Ek weet
vir dekades gaan dit moeilik wees, deels as gevolg van
die feit dat die 80% van die bevolking wat nou posisies
begin oorneem, deur dekades van uiters minderwaardige
Bantoe-onderwys en ander substandaard toestande nie
miskien goed voorberei was om hulself in hul eie land te
begin regeer nie. Maar dinge sal verander. En ek hoop dat
talle Afrikaners sal agterbly in Suid-Afrika. Uit eie onder-
vinding weet ek dat die swart en bruin mense in SA 'n
band voel met Afrikaners, wat ek dink hulle nie soveel
voel met Engelse nie. Dit het iets te doen met die feit dat
hulle weet die Afrikaners ook gely het in die verlede. Ook
omdat hulle weet die Afrikaner het diep wortels in Suid-
Afrika.
Gloudina
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6948 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Di, 06 Augustus 1996 00:00 |
Anonymous
Boodskappe: 24 Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article ,
lour...@hipsys.co.za wrote:
>
> In Article, writes:
>
>> In article , fe...@is.co.za (Koos) wrote:
>>> lour...@hipsys.co.za wrote:
>>>
>>>
>>>
>>>
> Jammer VMN ek het vir die definisie gevra
>
> Cheers
> Lou
>
Sorry, my fout. Ek het verkeerd gelees. Ek het darem my fout al self ook
agtergekom. Maar terwyl ons nou weer hierby is maak ek nou amptelik
bostaande uitkak op Koos van toepassing.
|
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6950 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Di, 06 Augustus 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
writes:
> lour...@hipsys.co.za wrote:
>
> >Kak Koos Kak, Winternag - Deur Wie?????>>>>
>>>
>>> Het jy gespring toe jy dit getik het?
>>> Die "deur" moet jy lees NIE as "deur wie geskryf" nie maar as "van
>>> punt een af (reg)deur tot by punt twee"
>>> Soos: Van Mosselbaai deur tot by PE het ou AT gehyg en gevloek.
>>> NIE soos: Mosselbaai deur die digter At nie.
>>>
>> Toe toe ou Koos, as jy 'n fout gemaak het , het jy 'n fout gemaak - erken dit
>> nou maar :). Miskien moet jy vir die bokke gaan speel, ons het iemand nodig
>> wat so kan systap!! Ha Ha Ha!!>>>
>
> Leer lees, ou Lou, leer lees.....dit help om 'n mens se visie so
> effens breer te maak.
>
>
> jy.
>>> Ook nie Afrikaners wat Afrikaners kritiseer nie.
>>> Wat bly oor?
>>> Die feit dat Gloudina 'n vrou is!?
>>> Indien nie, sê asb. hoekom die kritiek jou so kwaad gemaak het!
>>>
>>> (Sommer net kritiek in die algemeen, dalk?)
>>>
>>>
>
>> Gloudina is 'n vrou. O nee, askies tog dame ek het nie gemeen om jou aan te
>> vat nie.>>>
>
> Soos byvoorbeeld: Een van die sinne hierbo is 'n vraag.
> Vind uit wat 'n vraag is, identifiseer die sin wat 'n vraag is en kyk
> of jy 'n atwoord kan gee.
>
> (Wat was daai stukkie van die side step nou weer?)
>
>
>
Koos
Wat se los getjommel is dit nou met jou. Een van die sinne hierbo is 'n vraag.
So what? (Eintlik is vier van die sinne daarin vrae, jy het net jou
vraagtekentjie vergeet! :) )
Hiers een vir jou:
Een van die bostaande is nie 'n vraag nie. Indentifiseer een van die' sinne,
en wen 'n "Leer Afrikaans praat kursus!".
Ek doen maar net wat jy doen - antwoord selektief op slegs die goed wat ek
wil. Se^ asseblief watter ou vragie ek moet beantwoord en ek doen dit vir jou!
Cheers
Lou
PS: Volgende keer as jy skryf Werkstuk deur Koos en Piet en Jan tot by Gert
.. verduidelik bietjie :).
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6952 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Wo, 07 Augustus 1996 00:00 |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
writes:
>
> lour...@hipsys.co.za wrote:
>
>
> > .. verduidelik bietjie :).>>>
>
> O, jy verstaan dit. Nou waarom al die twak voorheen?
>
>
>
>
Wat se twak waar? Ek sien niks nie! Jy is seker 'n joernalis want sowat van
selektiewe aanhaling het ek in my dag tes lewens nog nie gesien nie! Terloops
die Afrikaanse lesse aanbod staan nog :} .
Lou
|
|
|
Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO [boodskap #6965 is 'n antwoord op boodskap #6874] |
Vr, 09 Augustus 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lour...@hipsys.co.za wrote:
<<>Wat se twak waar? Ek sien niks nie! Jy is seker 'n joernalis want sowat van
>selektiewe aanhaling het ek in my dag tes lewens nog nie gesien nie! Terloops
>die Afrikaanse lesse aanbod staan nog :} .>>>
Dit raak nou bietjie boring.
Ek het gese Jan Cilliers was mie 'n digter nie.
Toe is daar gevra wat beskou ek dan as werklike gedigte.
Toe se ek gaan kyk na talle voorbeelde van Winternag deur Van Wyk Louw
en Opperman en Eybers tot verby Breyten en so aan.
Toe se iemand ek praat twak want ek se Louw het Winternag geskryf.
Toe se ek: Nee, ek se van....deur...tot by. ens.
Toe se jy jy sal my taallesse gee maar jy dui ook aan jy verstaan wel
wat ek geskryf het.
Toe se nou waarvoor al die twak voorheen dan?
Nou se jy ek haal selektief aan. (???!!!)
Kom by asseblief.
As jy wil stry - ek is willing, maar kry om hemels naam tog net 'n
onderwerp wat dit die moeite werd sal maak.
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 16 03:38:42 MGT 2024
|