Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bors
bors [boodskap #126906] Vr, 05 Julie 2019 20:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bors
Afbreking: bors
Uitspraak: /bɔ(ː)rs/




Selfstandige naamwoord: bors
Meervoud: borste
Verkleinwoord: borsie
Meervoud van verkleining: borsies

Betekenis:
• (anatomie) Die deel van 'n mens of dier se lyf tussen die nek en die maag.
• Elk van die twee sagte kliere van 'n vrou wat melk produseer.

Gebruik:
• 'n Sterk pyn in die bors is een van die mees algemene simptome van 'n hartaanval.
• Die babatjie drink aan sy ma se bors.

Spreekwoord:
• Jou bors uitstoot. [Trots wees]
• Sy bors begin afsak. [Hy kry 'n maag.]
• Dit stuit my teen die bors. [Dit wek afkeer.]
• Hy staan met sy kop voor sy bors. [Skaam en terneergedruk.]
• Hy koester die adder aan sy bors. [Weldade aan iemand bewys wat dit met ondank sal vergeld.]

Afgelei:
• borskas
• borsbeen
• aamborstig

Vertaling:
Engels: chest; breast
Nederlands: borst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: e
Volgende onderwerp: mierleeu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 14:28:31 MGT 2024