Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vrug
vrug [boodskap #126811] Sa, 29 Junie 2019 16:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19228
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vrugte
Vrugte
vrug
Afbreking: vrug




Selfstandige naamwoord: vrug
Meervoud: vrugte
Verkleinwoord: vruggie
Meervoud van verkleining: vruggies

Betekenis:
• (plantkunde) Die eetbare vlesige produk van bome en plante.
• Deel van 'n plant wat uit die blom ontwikkel en die saad vorm.
• Met voordeel/ resultaat/ opbrengs.

Gebruik:
• 'n Waatlemoen is 'n soet, sappige vrug.
• Die rooi vrug van hierdie plant is giftig.
• Dié forum kan met vrug gebruik word.

Spreekwoord:
• Aan die vrug word die boom geken. [Iemand se karakter spreek uit sy dade.]

Hiponiem:
• spoorvrug
• steenvrug

Afgelei:
• vrugbaar
• vrugholte

Vertaling:
Engels: fruit
Nederlands: vrucht

Nota:
• Van Latyn, fructus.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vrugte
Volgende onderwerp: reënboog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 14:38:52 MGT 2024