Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fluïed
fluïed [boodskap #126714] Sa, 22 Junie 2019 06:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fluïed
Afbreking: flu•ïed
Uitspraak: /fluïedˈ/



Byvoeglike naamwoord: fluïed
Attributief: fluïede
Partitief: fluïdies
Intensief: superfluïed, superfluïdies

Betekenis:
• Wat kan vloei.
• Wat geredelik en vinnig kan verander.

Gebruik:
• Die materiaal is fluïed en kan uitpomp word.
• Wat die rol van Afrikaans in die toekoms betref, is die situasie so fluïed en onvoorspelbaar dat enige prognose op waarsêery sou neerkom.

Sinoniem:
• vloeibaar

Vertaling:
Engels: fluid
Nederlands: vloeibaar


Selfstandige naamwoord: fluïed
Meervoud: fluïede

Betekenis:
• (fisika) Stof wat eienskappe van vloeibaarheid openbaar - soos gasse, vloeistowwe, plasma en vastestowwe wat bv. as klein, los korrels voorkom en dus kan vloei.

Gebruik:
• Dit (die liefde) maak dat mens voel asof jy deur ‘n viskose fluïed swem.

Sinoniem:
• vloeier

Vertaling:
Engels: fluid
Nederlands: fluïdum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vinger
Volgende onderwerp: polimerisasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 03:39:15 MGT 2024