Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brug
brug [boodskap #126711] Vr, 21 Junie 2019 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19140
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Brooklyn-brug in New York, VSA.
Die Brooklyn-brug in New York, VSA.
brug
Afbreking: brug
Uitspraak: /brœχ/




Selfstandige naamwoord: brug
Meervoud: brûe
Verkleinwoord: bruggie
Meervoud van verkleining: bruggies

Betekenis:
• Pad oor 'n rivier of ander versperring waaroor mens kan beweeg.
• (figuurlik) 'n Ooreenkoms tussen partye.
• (anatomie) Deel van die neus tussen die oë.
• (skeepvaart) Die plek op 'n skip vanwaar dit bestuur word.

Gebruik:
• As die brug weggespoel sal dit die inwoners van die buitewêreld afsny.
• Die onderhandelaar probeer om 'n brug tussen die partye bou.
• Haar bril rus op haar neus se brug.
• Die kaptein het die skip se brug verlaat.

Spreekwoord:
• Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie. [Moenie aanvaar die saak het goed afgeloop voordat jy van die uitslag seker is nie.]

Hiponiem:
• hangbrug
• laagwaterbrug
• treinbrug
• voetbrug

Afgelei:
• brugdek
• brugkolom
• brugverbinding
• brugvlak

Vertaling:
Engels: bridge
Nederlands: brug


Selfstandige naamwoord: brug
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Kaartspel.

Gebruik:
• Kom ons speel 'n potjie brug.

Vertaling:
Engels: bridge
Nederlands: brug

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maand
Volgende onderwerp: Woensdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 08:43:01 MGT 2024