Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » suinig
suinig [boodskap #126707] Vr, 21 Junie 2019 06:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
suinig
Afbreking: sui•nig




Byvoeglike naamwoord: suinig
Vergrotende trap: suiniger
Oortreffende trap: suinigste
Attributief: suinige
Partitief: suiniges
Intensief: vreksuinig, knolsuinig

Betekenis:
• Versigtig om geld uit te gee.

Gebruik:
• Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes. [2 Korintiërs 9:6]

Spreekwoord:
• Hy is agterstevoor suinig. [Geld bestee op klein dingetjies en dan bestee aan onnodige dinge.]
Suinig met die pennies, rojaal met die ponde. [Spaarsaam met die klein dingetjies, maar kwistig met die grotes.]

Vergelyking:
• so suinig soos 'n vrek

Sinoniem:
• inhalig
• skraapsugtig
• spaarsamig

Antoniem:
• vrygewig

Afgelei:
• suinigheid
• besuiniging

Vertaling:
Engels: stingy, economical, frugal, sparing
Nederlands: zuinig
Xhosa: vimba

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: buik
Volgende onderwerp: dikderm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 07:35:25 MGT 2024