Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slang
slang [boodskap #126689] Wo, 19 Junie 2019 06:34
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19025
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Paar soorte slange.
'n Paar soorte slange.
slang
Afbreking: slang
Uitspraak: /slɑŋ/




Selfstandige naamwoord: slang
Meervoud: slange
Verkleinwoord: slangetjie
Meervoud van verkleining: slangetjies

Betekenis:
• 'n Reptiel wat lank en glibberig is. Langlywige, skubagtige, pootlose reptiel wat tot die onderorde Ophidia hoort.
• 'n Buigsame pyp of buis van rubber of 'n ander stof (tuinslang, brandslang, ens.)

Gebruik:
• As hierdie slang bedreig voel sal hy sy liggaam opgeblaas, sis en na die gevaar pik.
• Rol asseblief die brandslang af.

Spreekwoord:
• Daar is 'n slang in die gras. [Daar is onraad; omstandighede lyk verdag.]
• 'n Slang aan jou boesem koester. [n Skurk met weldade oorlaai.]
• Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang. [Dit word gesê as iemand homself verontskuldig.]
• As dit 'n slang was, het hy jou gepik. [Gesê vir iemand wat vlak teen 'n voorwerp is wat hy soek.]

Hiponiem:
• boomslang
• gifslang
• luislang
• waterslang

Afgelei:
• slangagtig
• slangbyt
• slanggif
• slangkop
• slangkos
• slangvel

Vertaling:
Engels: snake, serpent; hose; slang, jargon
Nederlands: slang
Xhosa: inyoka 9
Zoeloe: inyoka

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sleng
Volgende onderwerp: huidiglik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 11:34:54 MGT 2024