Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wolf
wolf [boodskap #126682] Di, 18 Junie 2019 06:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19024
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wolf.
'n Wolf.
wolf
Afbreking: wolf
Uitspraak: /voɫf/




Selfstandige naamwoord: wolf
Meervoud: wolwe
Verkleinwoord: wolfie
Meervoud van verkleining: wolfies

Betekenis:
• (soogdiere) Canis lupus, 'n roofdier in die familie van hondagtiges.
• 'n Hiëna (die strandwolf en die aardwolf is eintlik hiënas, en nie wolwe nie).

Gebruik:
• Terwyl hulle om die vuur sit, hoor hulle 'n wolf wat verlangs in die nag huil.

Spreekwoord:
• Hy is 'n wolf in skaapklere. [Skynheilig.]
• Jakkals trou met Wolf se vrou. [Dit reën terwyl die son skyn.]
• Terwyl die herders twis, roof die wolf die skape. [Gebrek aan samewerking lei tot ondergang.]
• Maak vir wolf skaapwagter. ['n Persoon oor wie self toesig gehou moet word, oor ander aanstel.]

Afgelei:
• aardwolf
• nagwolf
• weerwolf
• wolf-en-jakkalsstorie

Vertaling:
Engels: wolf
Nederlands: wolf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: propaganda
Volgende onderwerp: kabelgaring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 11:01:01 MGT 2024