Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » werkwoord
werkwoord [boodskap #126613] Vr, 14 Junie 2019 07:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werkwoord
Afbreking: werk•woord
Samestelling: werk + woord
Uitspraak: /ˈvɛrkvuə̯rt/




Selfstandige naamwoord: werkwoord
Meervoud: werkwoorde
Verkleinwoord: werkwoordjie
Meervoud van verkleining: werkwoordjies

Betekenis:
• 'n Woord wat 'n aksie aandui. Woordsoort wat 'n handeling of toestand uitdruk.

Gebruik:
• Die werkwoord is die belangrikste woord in 'n sin en is daarom maklik om uit te ken.
• In die gegewe die sin: "Ek pos 'n boodskap op die forum.", is "pos" die werkwoord.
• "Speel", "eet", "swem", "kruip" en "hardloop" is voorbeelde van werkwoorde.

Sinoniem:
• verbum (mv. verba)
• funksiewoord

Hiponiem:
• deeltjiewerkwoord
• hoofwerkwoord
• hulpwerkwoord
• koppelwerkwoord
• onoorganklike werkwoord
• oorganklike werkwoord

Afkorting:
• ww.

Vertaling:
Engels: verb
Nederlands: werkwoord
Venda: ḽiiti
Xhosa: isenzi
Zoeloe: isenzo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rampokker
Volgende onderwerp: soortnaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:17:16 MGT 2024